Seun verdrink in Kaapse dam

Dampark in die Strand waar die seun verdrink het. Foto: Craig Lotter via Google Maps

ʼn Twaalfjarige seun het in ʼn dam in die Suidwes-Kaap verdrink.

Die NSRI sê hul span van Gordonsbaai, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en verskeie nooddienste het Vrydagmiddag gereageer op berigte van ʼn noodgeval in Dampark in die Strand, waar ʼn seun glo in ʼn dam aan die verdrink was.

Met hul aankoms het hulle begin soek na die seun, wat nie meer gesien kon word nie. Tydens die soektog het hulle die kind se liggaam opgespoor. Hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lettie ·

Ja ek stem saam, dis die eerste gedagte wat by my opgekom het.

Empatie ·

Dankie MM dat julle die foto vervang het met ‘n meer gepaste ee n.

Chrisjan ·

Ek stem volkome saam met jou, Dries. Dis onsensitief kwadraat. Finish en klaar!

Fordson Major ·

Dam is propvol water na reëns. Kinders van buite dié woonarea kom gereeld in groepe daar kaal swem. Geen ouer of ander toesig. Geen toiletgeriewe. Kennisgewingborde verbied swem. Inwoners en verbygangers waarsku kinders gereeld oor gevare. Bodem is turf wat vassuig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.