Seuntjie kritiek ná ongeluk by kleuterskool

Klein Marno Muller het op die glyplank gegly toe die toutjies van sy baadjie iewers vasgehaak en hom gewurg het. (Foto: Verskaf)

ʼn Vyfjarige seuntjie veg tans om sy lewe in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg en het waarskynlik breinskade opgedoen ná ʼn fratsongeluk by sy kleuterskool in Brakpan.

Marno Muller (5) het op die glyplank gegly toe die toutjies van sy baadjie iewers vasgehaak en om sy nek gespan het. Hy het moontlik vir 10 minute aan die glyplank gehang voordat ʼn onderwyser hom te hulp gesnel het.

Marno se tannie, Nadia Minnie, sê die onderwyser by die skool het glo gesien sy “voetjies skop”, maar dat sy aanvanklik gedink het hy speel.

Onderwysers het hom na die Life Dalview-hospitaal gehaas waarna hulle sy ouers ontbied het.

“Met sy aankoms by die hospitaal het hy nie hartklop of polsslag gehad nie en hy was blou. Daar was ook blou merke aan sy gesig – vermoedelik soos hy gekrap en spartel het. Daar was ook merke aan sy nek waar die toutjies hom gewurg het.”

Marno was sowat ses ure by dié hospitaal waarna hy na die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas is.

Hy is tans aan ʼn ventilator en ʼn hartmasjien gekoppel. Hy ontvang ook 100% suurstof.

Marno is tans in die Netcare Garden City-hospitaal. (Foto: Verskaf)

“Die dokter het gesê daar is definitief breinskade – hoe erg kan hulle nog nie sê nie. Daar is nog baie swelling op sy brein.”

Minnie sê dokters beoog om die verdowing waaronder Marno tans is, Saterdag stelselmatig te lig.

Sy sê Marno se ouers, Rudie en Helga, is in dié stadium baie emosioneel.

“My sussie is buite haarself – sy weet nie wat om te sê nie.”

Die gesin het ʼn hospitaalplan, maar volgens Minnie word dié plan nie deur die hospitaal aanvaar nie.

Die kwotasie wat die hospitaal aan die ouers vir behandeling by dié hospitaal verskaf het, beloop reeds meer as R300 000.

Die ouers oorweeg intussen om ʼn klag van nalatigheid teen die skool aanhangig te maak.

Enigiemand wat die gesin met die mediese koste wil help, kan Minnie by 078 249 1971 kontak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

NaomiS ·

My moeder hart. Dis verskriklik.
Glo en vertrou dat hy 100% sal herstel.

Dessie ·

Wat ‘n verskrikking vir enige ouer of kleuterskool se personeel, vriende en familie om deur te gaan. Ek dra julle in my gebede.

Dries ·

Liewe Here spaar ons tog al hierdie hartseer wat in die land so floreer

Gerhard ·

Ek bid dat dit die Here se wil sal wees om hom ten volle te genees.
As 1 000 mense wat kan, elk R300 bydra, sal die aanvanklike kostes gedek wees! Asb mense, help hierdie familie met gebed en dade.

Hannelie ·

Waar was die toesig!!!!!!!!! Hy is so klein, moes daar nie beter toesig gewees het onder sulke klein kindertjies nie. Ek bid vir sy ouers en vir klein Marno.

piet ·

Daar moet mos ‘n toesighouer permanent teenwoordig wees waar die kinders speel (veral as daar apparate is waarop/waarmee hulle speel). Dagvaar die kleuterskool. Hierdie was onnodig en die tydsverloop voordat iemand agtergekom het daar is fout is kritiek en onaanvaarbaar.

SwartBees ·

Deesdae is daar twee oë wat oor +/- 100 kindertjies toesig hou. Hoe verwag jy die Juffrou moet oral wees?

piet ·

Hoeveel glyplanke is daar? Sy het in elk geval blykbaar die voorval reeds vroeg opgemerk (sy sien die kind maak snaakse bewegings maar gaan kyk nie dadelik wat aangaan nie) maar eers 10 minute later. Hoe dan nou? Nee wat dagvaar die skool en die agterlosige, nie-toesighoudende juffrou. Ek wonder egter of sy ooit gekyk het, ek dink hierdie storietjie dat sy in die begin kamma iets opgemerk het en gedink het dis iets anders klink vir my na ‘n wolhaarstorie. Ondersoek maar…..

JN ·

Wel swartbees en Al jou afduim genote..
Jy vat jou kind lewendig na n skool toe, by gese n jong kind waar toesig nodig is.
Jy verlaat sekerlik tog dan die skool in die gemoeds toestand dat hul veilig is en onder toesig is reg?
Ek meen is dit dan nie die verwagte nie? Duidelik nie so volgens jou en kie nie?..
So maw jy en genote reken die toesig van jou kinders is nie deel van hul verantwoordelikheid nie?
Genade sal ek ooit weer my kind by n skool kan aflaai met n positiewe gewete dat ek alles gedoen het in my vermoens om te versekers ek kry my kind in dieselfe lewende vorm terug na skool..10 MINUTE VAN GEEN TOESIG?
Nie goed genoeg nie jammer…

JohanR ·

Ek moes my algemene chirurg gaan sien as ‘n opvolg na ‘n operasie. Ek was 7-10 minute daar en al wat ons gedoen het is gesels en kyk na x-strale. Sy het my R900 gevra!

SwartBees ·

Dis sad dat in vandag se tyd word n lewe eers gered na jy die geld op die toonbank sit.

Leana ·

genade dis hartseer, maar ja jy laat ‘n kind van daardie ouderdom nie onder jou oë uit nie. As iemand naby was kon hierdie verhoed gewees het…

Sakkie ·

Kry goeie regsverteenwoordiging: Dagvaar die skool. Hulle het versekering vir sulke gebeure. Al julle kostes en meer kan gedek word. Dagvaar hulle sommer vir nalatigheid, pyn en lyding. Julle gaan beslis baie geld nodig kry na hierdie nalatige voorval by die skool. Baie sterkte.

Faraway ·

Die dokter het gesê daar is definitief breinskade . . . GOD het die laaste sê!!!

Janc ·

Hierdie is vir my baie hartseer. Enige speelpark, veral by ‘n skool, moet daar ten alle tye toesig wees. Geen ouer moet so ‘n oproep ontvang nie. Ek kan net dink hoe magteloos die ouers moet voel. Wat die hospitaalplan aanbetref…. Regtig! Nie almal kan ‘n medies bekostig nie en mens verwag dat ‘n Hospitaalplan die kostes sal dek, veral in hierdie situasie.

E ·

‘n Ongeluk gebeur so vinnig, ons het amper dieselfde oorgekom en ons het heeltyd die kindjie onder oe gehad. Gelukkig is die situasie vinnig opgelos. Feit is kinders kry seer, want geen mens kan elkeen van hulle elke minuut van die dag binne oog en hoor afstand hou nie. Hoop Marno herstel vinnig en volkome en dat sy ouers hulp sal he met die mediese rekeninge.

MammaMia ·

Ek is só ontsteld om hierdie berig oor die pragtige klein seuntjie te moes lees. Dit is baie baie hartseer. Ons bid vir hierdie familie.????

SwartBees ·

Ek, wat ook n ouer is van n 5jarige, verstaan die frustrasie van die ouers. Maar hoekom die skool aankla as dit n frats ongeluk is?

JN ·

Frats ongeluk ja maar kon voorkom word met die noodsaaklike toesig soos ter verwagte n skool sal handhaaf..
So is daar enige verantwoordbaarheid van enige iemand?

miavos ·

ERNSTIGE NALATIGHEID VAN DIE SKOOL SE KANT AF!!! Kinders mag nie ‘n oomblik sonder toesig wees buite nie.

An ·

Die vervaardiger van die klere moet ook aangekla word. Die toutjies wat so om kinders se nekke kan gaan is n gevaar. Klere vervaardigers moet sorg dat die toutjies nie lank genoeg is om om n kind se nek te kan draai nie, dit moet ook maklik kan breek indien dit onder spanning geplaas word.

Jacoba ·

Ai jammer.
Tien minute sonder toesig is lank, té lank.
Sterkte vir ouers en skool.

Nettie ·

Mens kan nou net bid. Mag God genadig wees en hom in Sy liefde toevou en genees. Sterkte aan die familie. Asook aan almal by die kleuterskool wat ook vir hom lief is en omgee.

JL ·

Hoe ongelooflik tragies. Ek het sommer ‘n beklemming op my bors. Ons dra die ou seuntjie sy ouers en familie in ons harte en gebede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.