Sewe dood in ongeluk op Loskoppad

(Foto: Verskaf)

Sewe mense is Sondag dood toe twee motors op die Loskoppad langs Maranata Lodge in die Sekhukhune-distrik in Limpopo gebots het.

Die ongeluk het vermoedelik gebeur toe ʼn Volkswagen van die kant af teen ʼn Toyota Avanza vasgery het. Albei voertuie het beheer verloor, omgeslaan en aan die brand geslaan. Sewe mense, onder wie die bestuurders van die twee voertuie, is onherkenbaar verbrand.

Die enigste oorlewende van die ongeluk is na ʼn nabygeleë gesondheidsfasiliteit vervoer vir behandeling van ernstige beserings. Wetstoepassers op die toneel sê roekelose bestuur is die moontlike oorsaak van die ongeluk.

(Foto: Verskaf)

Florence Radzilani, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid van Limpopo, het die lewensverlies op paaie betreur.

“Die verlies aan lewens op ons paaie weens roekelose bestuur deur sommige motoriste wek ál meer kommer. Ons doen ʼn beroep op alle bestuurders om te alle tye waaksaam te wees, sodat almal lewend by hul onderskeie bestemmings kan aankom,” sê Radzilani.

Sy het ook haar medelye met die bedroefde families betuig.

“Ons is hartseer oor die tyding en dra ons innige meegevoel oor aan diegene wat hul geliefdes in hierdie tragiese voorval verloor het. Mag hulle die krag gegun word om deur hierdie moeilike tyd te kom. Ons bid ook vir die spoedige herstel van die oorlewende passasier.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Koos 100 ·

Sonder om myself as ‘n kenner te bestempel, lyk dit of die Toyota ‘n U draai gemaak het voor die VW in, en dat die VW nie 80km/h gery het nie.

Chris dupreez ·

Altwee voertuie se voorkante is beskadig. Lyk soos n kop aan kop botsing.

Janine ·

Chris dupreez: “Die ongeluk het vermoedelik gebeur toe ʼn Volkswagen van die kant af teen ʼn Toyota Avanza vasgery het.”

Chris dupreez ·

Hou op om medelye te betreur elke keer en tree voorkomend op. Leer hulle die padreëls, die verkeersbeamptes moet hulle werk op die regte manier doen , maar julle kan mos niks doen sonder om korrup te wees, pronk vir die tv en kameras ens. Alles net skynheiligheid.

George ·

Ek stem 100%, selfs die meisietjies en twotones met selfone in die hand.

Di ·

“Ons doen ʼn beroep op alle bestuurders om te alle tye waaksaam te wees, sodat almal lewend by hul onderskeie bestemmings kan aankom,” Hierdie rympie is al holrug gery. DOEN IETS daaraan. Sekeres pas geen padreels toe nie en meeste KEN NIE die padreels nie.

George ·

Ek stem 100% saam, die klomp jonges en oues, meisies en twotones met hulle selfone in die hand ook.

Madz ·

Hou op om alewig julle “medelye te betuig” en tree vir ‘n slag voorkomend op! Maak die slaggate REG, hou meer padblokkades (verkieslik met werkers wat nog integriteit het!) en sluit die dekselse oortreders toe! Skort hul lisensies op! Lê beslag op hul voertuie – gooi hulle in ‘n tronksel. Doen net bietjie iets wat ‘n bydrae kan lewer om die slagting/s te voorkom asseBLIEF!

Pietertjie ·

Weereens ‘n sperstreep duidelik sigbaar op die foto.

Mallie ·

Die mense word nie ordentlik opgelei wanneer hulle gaan vir bestuurderd lisensies nie.

George ·

As ek n Avanza sien, kom ek gou daar weg, erger as die taxis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.