Ongeveer sewe instansies wat direk of indirek betrokke is by onderwys en opleiding het hulle vandeesweek oor die noodsaak vir ‘n Christelike benadering uitgespreek.
Dié instansies beywer hulle vir Christelike onderwys en opleiding en staan Christelike opleiding voor. Hulle wil ook dié inisiatief na buite bevorder. Die instansies meen die getalle kinders en jongmense wat by instellings van Christelike onderwys-instellings ingeskryf het, is ’n bewys dat dit belangrik is om die saak te bevorder.
Hulle meen ook die Christelike benadering tot onderwys en opleiding beleef in die praktyk baie groot groei. Die instansies glo ouers en studente besef onderwys wat op ‘n Christelike grondslag berus, het ook ander belangrike implikasies vir die praktyk van ’n alledaagse bestaan en dat dit tot gemeenskappe se voordeel strek om sulke waardes en ideale uit te leef.
Die instansies meen ook dat Christelike onderwys en opleiding antwoorde kan bied vir ’n onseker toekoms en veranderende wêreld. Verskeie akademiese instellings vir Christelike onderwys en opleiding het gevolglik die afgelope dekades tot stand gekom en voorsien in hierdie groeiende behoefte.
Om woord by daad te sit, het die sewe instansies vir die afgelope twee jaar ʼn forum georganiseer waar die belange van Christelike onderwys en opleiding bespreek is. Bekend as die Forum vir Christelike onderwys in Suid-Afrika, het die forum gedurende 2015 ’n belangrike besluit geneem om in 2016 ʼn deurslaggewende kongres te hou om haalbare praktiese alternatiewe te vind. Die kongres word op 3 en 4 Maart 2016 in Pretoria gehou.
Die kongres sal fokus ophistoriese ontwikkelinge die afgelope meer as twee dekades, die unieke grondslag van hierdie soort onderwys waaruit praktiese onderwys en opleiding kan spruit.
Vir meer inligting oor datums en pryse, laai gerus die plan vir die kongres af.
Jaaaaaaaaa bring GOD terug in one skole jaaaaaaaa ons het ons Vader nodig Dan kan die regte geleerdheid weer Klein begin en kinders met die regte waarde grootgemaak word Amen
Ek weet nie mooi wie hierdie mense is nie maar hulle pak ‘n groot taak aan waar daar ‘n geweldige behoefte bestaan. Hulle laat my dink aan daardie versie in die Bybel wat sê jy moet skatte in die hemel bymekaar maak, nie hier op aarde nie. Ek bid hulle die Here se seën toe.
PRYS DIE HERE!! Ek is so bly dat Hy ons mense die insig en wysheid gee sodat ons uiteindelik tot die besef kan kom dat ons NOOIT sonder Hom kan leef nie!!
Dit is bnaie goeie nuus.
Wonderlike nuus. Dankie dat daar nog mense is wat bereid is om op te staan en die Christendom uit te dra . Mag julle geseend wees in jul pogings.
Ek onthou op skool was die Godsdiens-periode my gunsteling. Ek het moeite met my boek gedoen en dit was my boek wat baaaaie netjies was. En ja, ons klasmaats het gekyk wie se skrif was die mooiste. Dit was die een vak waar jy ‘vrye teuels’ kon hê, en met jou skrifboek kon doen net wat jy wil. Al was dit nie ‘n eksamen-vak nie, het almal bo 80% op hul rapporte gehad. Ai, die goeie jare. Vandag se kinders (die skole wat nie Godsdiens-periode het nie) mis “big-time uit”.