‘Skole mag nie rapporte weerhou nie’

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Rapporte word vandeesweek in die Wes-Kaap uitgedeel wanneer die akademiese jaar op 6 Desember tot ʼn einde kom.

Jessica Shelver, woordvoerder vir Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het gesê Schäfer se kantoor het al talle klagtes van ouers ontvang dat personeel by skole weier om leerders se rapporte uit te deel omdat ouers nog nie uitstaande skoolgeld vereffen het nie.

“Afdeling 41 (7) van die Wet op Skole stel dit duidelik dat leerders nie weerhou mag word van hul regte om ten volle deel te neem aan skoolprogramme nie, en dit sluit in om ʼn rapport te ontvang. Hierdie regulasie is van toepassing op sowel openbare as onafhanklike skole en wel van graad R tot 12,” het Shelver gesê.

Shelver het gesê hulle is bewus daarvan dat sommige skole in die Wes-Kaap ouers vra om rapporte by die skool te kom afhaal en dan die geleentheid gebruik om die uitstaande skoolgeld te bespreek.

“Daar is wel niks wat skole weerhou om ouers te vra om die rapporte by die skool te kom afhaal nie,” het Shelver gesê.

Die departement sal ondersoek instel indien rapporte om watter rede ook al weerhou word.

“Ons simpatiseer met skole wat sukkel om skoolgeld in te vorder, veral as daar gesien kan word dat sommige ouers dit duidelik kan bekostig maar ons sal dit nie duld dat daar teen ʼn leerder gediskrimineer word om finansiële redes nie.”

Die departement het ouers gemaan om dié praktyk aan te meld, asook ʼn beroep gedoen op hoofde om alle leerders se rapporte uit te deel asook op ouers om uitstaande skoolgeld te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Francois le Cochon ·

Skole se gebrek aan deursigtigheid is ook deel van ouers se uitstaande skuld. Die Skolewet verplig ‘n skool om die wet oor skoolgeldkvrystelling aan ouers te verduidelik. Hulle doen dit nie. Ouers is dus nie bewus daarvan dat met ‘n skoolgeld van bv R22,000 per jaar kan ouers wat minder as R620,000.00 verdien, kwalifiseer vir afslag. Skole mag ook nie hul eie aansoekvorm gebruik nie, slegs die een wat aan die wet aangeheg is. Skole mag slegs ouers se inkomste vra, niks oor bates en laste of vrae om lewensstandaard te bepaal.

Slaan die donkie wat nog trek ·

Daai woorde gaan die val van SA se onderwys stelsel inlui. . . .”daar mag nie teen leerders GEDISKRIMINEER word a.g.v. finansiële redes”
Die woord DISKRIMINASIE het nou ʼn sinoniem geword van . . . my reg tot GRATIS alles . . . . & wee enigiemand wat my REG tot gratis ALLES wil tee gaan . . . dan steek ek alles aan die brand & veroorsaak ʼn staat van totale anargie, totdat aan my EISE voldoen word.

Jordaan ·

En die las op die ouers wat nog betaal word net al swaarder. Gedurig word ouers vertel dit is hulle reg om nie te betaal vir onderwys nie, maar tersewlfdertyd moet jy die deftige motors sien, die internet en “streaming” word betaal, maar daar is kastig nie geld vir skoolfonds nie.

dolphin ·

die rapporte moet die ouers of die kids oorhandig dis geen waarborg om die rapporte te hou nie ouers wil net weet van die kids se uitslag met die vakke of dit goed of sleg is maar die ouers moet saak stel om die geld te korting kom moet dit bespreking met die substudie nagekomeling gaan met die finansies kantoor gaan

nuuskierig ·

Wil net weet geld dit vir skole in Limpopo ook of net skole in die wes kaap.

Jordaan ·

Dit geld vir alle publieke skole, nie seker van privaatskole nie,

Ouvrou ·

Ek hou skool by klein privaat skool. Onnies is sedert Augustus net ‘n derde tot helfte van salarisse betaal. ‘n R1000 TOT R300 0 OP ‘N slag. Ons is goedkoper as die groot skole. Hoe moet onderwysers oorleef?

Jordaan ·

Ek stem saam met jou, maar in die nuwe Suid-Afrika is dit mos mode om regte te he, maar geen verantwoordelikhede nie. Net so word mense baie vinnig touwys gemaak hoe om verpligtinge teenoor ander krediteure te vermy (skuldverjaring, huurwette, ens).

johanna ·

VERTEL DIT VIR MY KIND SE SKOOL. MOES ELKE LIEWE SENT BETAAL AL WEET HULLE ONS SUKKEL

Francois le Cochon ·

@Johanna. Google “Government Gazette 29311” . Vul die aansoekvorm in terugwerkend vanaf die datum wat julle kwalifiseer. Moenie die skool se aansoekvorm invul nie. Die ou wet van 1998 het toegelaat dat skole hul eie vorm mag gebruik , maar nie die wet van 2006.

Hansie slim ·

Ouers wat vir afslag kwalifiseer, moet dit kry!
Maar ouers moet darem iets probeer betaal, of moet net die ander ouers betaal of moet die onderwysers gratis werk…. ASSEBLIEF!

Francois Ferns ·

Net jammer hulle gaan iets anders uitdink om ouers te melk.

Johan ·

Daar is ook skole wat nou weier om getuigskrifte vir matrieks te gee agv agterstallige skoolfonds..

Groot gesukkel ·

13/14 jr terug het die skool my laat weet, as ek nie die agterstallige gelde en volle skoolfonds betaal voor die matriek eind eksamen begin nie, sal my kind nie matriek skryf nie. Dit, na ek ñ reëling getref het om die uitstaande geldjie met my bonus te betaal, wat ek vroeg in Desember sou ontvang het. Ek moes inderhaas ñ lening aangaan by die bank om die geldjie te betaal. En dit was toe al ñ klomp geld. Dankie Vader, my kinders is klaar met skool. Ek en my man het gesukkel, maar ons kinders het hulle skool loopbaan klaar gemaak.

Wil ook weet ·

permanente Onderwysers in openbare skole se salaris word deur die staat betaal en is nogal redelik.

privaat skole vra n klein huisie vol geld en moet hulle onderwysers self betaal.

Die wat kan moet betaal , maar daar moet ook afslag op inkomste glyskale wees.

Wonder net ·

Hoeveel mense woon die begrotingsvergaderings by, hoeveel weet wat dit kos om n skool te bestuur? Hoe gaan jy voel as jou salaris laat betaal of halveer word? Jy ontvang n diens, betaal daarvoor! My kids was in 3 skole en hierdie skole het ons ingelig van vrystelling. Maar ouers lees nie hul omsendbriewe nie, stuur nie strokies terug nie.
Skoolfonds per glyskaal – kan dalk werk as ouers eerlik gaan wees. Vrygestelde ouers – jou kind gebruik daagliks basiese goed – maak n maandelikse donasie. Ons kan nie goeie onderrig verwag en nie betaal nie.
Ons almal kry swaar, maar mense se prioriteite is verkeerd. Baie vd nie-betalers se kinders het die beste van alles, nie te praat van karre en dstv ens.nie.
Gaan haal jou rapport en maak n betaalreeling en hou daarby! Dis onregverdig dat ander vir jou kind se opvoeding moet betaal.

Erika ·

Ja waar kla n mens ek het twee kinders in Cullinan gekombinerde skool wat nie hulle raporte mag kry nie. Die rede daarvoor is boeke, skoolgeld en riem papiere. My een seun was so kwaad toe hy vir my se hy mag nie die raport kry nie. Ek werk en kan nie skool toe gaan om doe te kry nie.
Ek sal dit so waardeer as julle dit kan verder vat. Dankie

Mary Sadler ·

Ek verstaan nie dat daar skoolplig is en tog moet daarvoor betaal word. Jy mag dus nie jou kind by die huis hou nie, dan word jy gestraf, maar as jy nie kan betaal nie, word jy ook gestraf. Is dit ‘n soort plan om bevolkingsaanwas te verminder?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.