Skolegodsdienssaak: ‘Uitspraak raak alle gelowe’

Argieffoto: Don Mcphee/Guardian

Uitspraak tussen die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) oor die beoefening van godsdiens in skole is Woensdag voorbehou in dié hofsaak.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die regsproses in dié saak – wat die afgelope drie dae in die Suid-Gautengse hoë hof aangehoor is – as van die grootste belang vir alle Suid-Afrikaners beskryf en glo dat Fedsas en verskeie ander vriende van die hof die belang van godsdiensbeoefening oor die algemeen en Christelike godsdiensbeoefening in die besonder in skole deeglik beklemtoon het.

Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê dit is vir Suid-Afrikaners noodsaaklik om van jongs af wedersydse erkenning en respek aan te leer vir mense wie se kulture en sienswyses van hul eie verskil.

“Hulle moet ook leer om met hul eie identiteit gemaklik te wees, insluitend hul geloofsoortuigings. Dít is waarom ’n godsdienstige etos in skole behou moet word,” meen Bailey.

Sy sê ook godsdiensbeoefening moet nie, soos Ogod voorstel, bloot tot aktiwiteite beperk word wat kinders in pouses, of voor of ná skool, soos ’n stokperdjie beoefen nie.

“Dit vorm die waardes en dus ook daaglikse optrede van die individu; daar moet vryheid wees om dit te beoefen en kinders moenie met die idee grootword dat hulle of hul onderwysers gestraf mag word as geloofaksies nie tot sekere tye en ruimtes beperk word nie. Godsdiensvryheid is immers een van die regte wat die Grondwet duidelik omskryf.”

AfriForum beklemtoon dat die saak alle gelowe en dus die totale gemeenskap raak – die uitspraak gaan nie alleen die toekoms van openbare skole bepaal nie, maar ’n veel wyer impak hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
MCH

Wat ons kon het ons gedoen. Dis nou buite ons beheer. Groot waardering aan Afriforum vir hul insette.

svs

Ja nou bid ons. Wat my verder pla, is dat die Evolusie teorie in ons skool konders se silabus ingrsluit is, en dit word op kinders afgedwing.

Franco Scheffer

Ek kan onthou hoe die Moses storie in ons koppe ingehammer was in std 2 & 3. Ek kan onthou hoe ek nie kon glo dat God die onskuldige kindertjies en diere doodgemaak het nie. Hoekom het hy die Farao se hart verhard, as hy dit nie gedoen het nie sou die Farao hulle mos laat gaan het. Die Farao was ‘n goeie ou, hy het hulle dan gehelp en hulle kos gegee toe hulle nie gehad het nie. En toe steel hulle nog die Egiptenare se juwele. En toe hou hulle elke jaar ‘n fees om dit te herdenk.… Lees meer »

Nico

‘n Waardevolle les vir elke ouer. Skole leer jou kind akademie en sekere menseverhoudinge. Maar dit kan NOOIT die opvoedingstaak by jou oorneem nie. As jou kind God in jou huis sien en beleef, kan geen skool, regering of hof dit wegneem nie.

Katje

Godsdiens hoort in skole. Hoekom kan daar nie n periode wees waar alle gelowe bespreek word en sodoende leer die kinders van ander gelowe se sienings. En leer hulle om ander mense se sienings te respekteer.