Skoolhekke toe ná swaar reën

Argieffoto bloot ter illustrasie van vloede. (Foto: Unsplash)

Twee Bloemfonteinse laerskole is as gevolg van swaar reën tydelik gesluit.

Caleb Motshabi Primary School en Sedibeng Sa Thuto Primary School is Dinsdag tydelik gesluit nadat swaar reën Maandagaand en vroeër vandag tot oorstromings gelei het.

Die stormweer het sedert gisteraand vir groot ontwrigting by die twee laerskole gesorg aangesien die watervlak toegang tot die skole bemoeilik het.

Die Vrystaatse departement van onderwys sê die oorstromings hou tans ’n bedreiging in vir 2 000 leerders en onderwysers wat vanoggend noodgedwonge die water moes trotseer om by die skool uit te kom.

Ouers en versorgers is aangeraai om hul kinders Woensdag eerder nie skool toe te stuur nie en op die skole te wag vir verdere instruksies.

Die departement sal intussen weerpatrone monitor en raad gee in dié verband.

Maroela Media het vroeër berig ʼn afsny-laagdrukstelsel sou Dinsdag na verwagting wydverspreide buie en donderbuie oor die sentrale en noordelike dele van die land, onder meer Noordwes, Gauteng en die Vrystaat, tot gevolg hê.

Die departement het onderwysers en leerders bedank wat ondanks die reën vandag vir skool aangemeld het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.