Skoolhoof verdink van verkragting

(Argieffoto: Hans Braxmeier/pixabay)

ʼn 59-jarige verdagte, vermoedelik die hoof van ʼn plaaslike skool in Ntabankulu in die Oos-Kaap, is Vrydag in hegtenis geneem.

“Die inhegtenisneming volg ná klagtes deur die skoliere, die gemeenskap en ander belanghebbendes dat ʼn 21-jarige skolier deur ʼn ouer persoon in die skool verkrag is,” sê brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie. Ntabankulu is sowat 50 km oos van Mount Frere.

“Volgens die berig het dit ʼn paar keer gebeur, maar dit is nie dadelik by die SAPD aangemeld nie, totdat skoliere teen die skoolowerhede uitgevaar het. Die omstandighede rondom die voorval word deur die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings ondersoek.”

ʼn Saak van verkragting is aanhangig gemaak en die verdagte is binne 24 uur in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag in die Ntabankulu-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.