Slagoffers nog nie uitgeken ná Wellington-skietery

Argieffoto.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie in verband met ʼn skietery die afgelope naweek in Wellington, Wes-Kaap. Vier mans wat in die skietery doodgeskiet is, is nog nie uitgeken nie.

Volgens brig. Novella Potelwa, polisiewoordvoerder, het ʼn groep mans met bedekte gesigte Saterdagaand op mense op ʼn erf in Mnandi-straat in Newrest, Wellington, op mense losgebrand. Die mans was in swart geklee.

“Die mans het na ʼn plakkershut agter in die erf gegaan en verskeie skote afgevuur,” het Potelwa gesê.

“Vier mans, in hul 20’s, is in die aanval doodgeskiet. Een man het ernstige skietwonde opgedoen.”

Volgens Potelwa het ondersoekers Sondagoggend nog die toneel gefynkam vir leidrade.

“Die polisie ondersoek vier klagte van moord en een van poging tot moord.”

Enigiemand met meer inligting oor die skietvoorval kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ES ·

Klink vir my soos bendegeweld. Daar is altyd ‘n storie agter die storie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.