Slange, vlermuise laat Musina-skool sluit

Die vlermuise is op die deurplafon in die klaskamers gevind (Foto: Skermgreep)

Die Sigonde Primary School in Musina in Limpopo moes sy deure sluit weens ʼn plaag vlermuise en slange.

Die departement van indiensneming en arbeid sê vlermuise is in klaskamers gevind. Dit lok gevolglik slange. Onderwysers het ook aan die departement bevestig dat hulle weekliks slange in die klaskamers doodmaak.

Sowat 50 leerders was verlede week afwesig nadat hulle glo weens die vlermuisplaag siek geword het.

ʼn Inspekteur van beroepsgesondheid en -veiligheid het Vrydag beslis die skool moet sluit nadat hy vlermuise in die klaskamers se plafonne gevind het.

“Daar is bevind dat die skool nie aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid voldoen nie, wat bepaal dat indien die toestand van die gebou die gesondheid en veiligheid van mense bedreig, die gebou met onmiddellike inwerkingtreding gesluit moet word,” lui die departement se verklaring.

Volgens Reckson Tshitshivheli, waarnemende provinsiale inspekteur, is dit uiters belangrik dat skole verseker dat hulle aan hierdie wetgewing voldoen.

“Wanneer hulle onseker is, moet hulle op die departement se knoppie druk sodat hulle hulp kan kry,” sê Tshitshivheli.

Die skool bly tot verdere kennisgewing gesluit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Christine ·

As lui mense nie die geboue skoonhou nie, sal die vlermuise aanhou nes maak en dit lok die slange. Useless klomp goed.

Miena ·

Moenie die slange doodmaak nie. Hulle het n plek in die eko-sisteem. Laai die ASI (African Snakebite Institute App) gratis af en kyk in jou omgewing vir slang-hanteerders om te help met vang en verwydering van slange. Ek was self eens op n tyd n “vermorsel-die-slang-met-die-hakskeen” persoon tot nou toe. ek het kursusse gaan doen by ASI en is nou n lid van die Herpetologie Assosiasie assook die Snake Rescue Assosiasie. Ja ek was … (hond)-bang gewees en nou is ek n hanteerder. Daar is geen waarheid daarin dat n slang jou gaan aanval nie – inteendeel hy is net so bang vir jou soos jy vir hom. En vlermuise dieselfde.

annie ·

Jammer suster, as ‘n slang uit sy omgewing beweeg en myne betree, is hy dood.

Claudette ·

Ek stem kry mense wat daarmee werk alles word net dood gemaak ????

Annelize ·

Dis soos die berig noem, die slange is nou daar want hulle is agter die vlermuise aan. Dis mos nou ‘n lekker vinnige happie vir slang se kind.

Maar ja, net weereens ‘n bewys hoe die verval oorneem op alle vlakke van die samelewing, and again, it is proidly brought to you by the ANC!

Elize ·

En dis waarheen ons skole oppad sal wees as Lesufi sy sin kry.

Dup ·

Nou wonder ek net hoe lank “hang” die vlermuise al daar rond en hoe lank die slange al ‘n probleem is.Die skoolperseel en omgewing lyk seker ook nie skoon en in ‘n goeie toestand nie.Net nog ‘n voorbeeld van ‘n gebrek aan onderhoud.

Misky ·

Ons sal graag wil hoor wat Grootbek Lesufi se reaksie hierop is.

Jacobus ·

Ja, waar is Lesufi nou? Kan iemand hom nader vir kommentaar asb.

Pietertjie ·

Lyk my die slange en vlermuise is méér gretig om skool te gaan…

My siening ·

Ja ANC julle het hierdie land op ge Ellie skaam julle. Taal naam is belangrike as gesondheid en hegehene vir Cyrel!

Chris dupreez ·

Dit is Malema se dorp, wonder of hy en sy troepe nou daar gaan spring en skreeu.

Willempie ·

The department performed a PROACTIVE inspection. Dan het die slange en vlermuise seker tussen dir “PRO” en die “ACTIVE” ingeglip

lollapot ·

Lefoefie gee te veel aandag aan Afrikaanse skole, hier is iets wat hom kan besig hou!

Herman ·

Ek het ook vlermuise in my dak en ons het nog nooit siek geword nie en ook nog nooit ‘n slang naby die vlermuise gewaar nie. Die eerste keer dat ek hoor dat hierdie nuttige diertjies slange lok. Lefoefie kan gerus op hierdie tipe goed konsentreer. Leer die kinders van daardie skool in hulle eie taal meer omtrent die nut van vlermuise en skep vir hulle ‘n alternatiewe tuiste. Daardeur gaan hy sommer die instandhouding van sy skole ook aanspreek. Die slange wat in die klaskamers kom, is waarskynlik agv die vuil en oorgroeide skoolterreine. Lefoefie kan nog ‘n deurbraak maak deur poste by die skool te skep vir ‘n faktotum en tuinwerker wat die plek kan instand hou. Dan moet hy sommer ook kyk vir ‘n bevoegde skoolhoof en onderwysers wat nie gaan toelaat dat hulle skool so in verwaarlosing verval nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.