Sneeu op Kaapse berge verwag

Argieffoto (Foto: Aurélien / Pixabay)

Sneeu word van Sondagaand tot Maandag oor dele van die Kaapprovinsies verwag wat Maandagaand tot by die Oos-Kaap en Drakensberg in KwaZulu-Natal kan versprei.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens word sneeu Maandag op die meeste Wes-Kaapse bergreekse verwag. Sneeu sal van Sondagaand oor die berge van die Hexriviervallei (insluitend Matroosberg, Winterhoek) en Hottentots-Hollandberge en sal later die aand oor die suidelike dele van Namakwa in die Noord-Kaap (Sutherland en omgewing) versprei.

Sneeu van 5 cm – 10 cm word rondom Sutherland en die Hexrivierbergreekse verwag.

Sneeu word van Maandag oor die Swartberge en ander berge in die Klein-Karoo (naby Uniondale) verwag en sal versprei na die suidwestelike berge van die Noord-Kaap tot so ver as Rooiberg en die berge naby Springbok.

Volgens die Weerdiens is daar Maandag selfs ʼn klein moontlikheid van ligte sneeu op die pieke van Tafelberg en die pieke van die Outeniekwa en Langeberg.

Ligte sneeu word later in die dag ook oor die berge in die noordelike Oos-Kaap verwag en oor die Drakensberg Maandagaand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.