Só betaal jy vir ministers se luukshede

Senzo Mchunu. Foto:
@OPSC_SA/Twitter

Ministers gaan voortaan minder luukshede op die belastingbetaler se koste verkry, maar dis nou ook nie of dit broekskeur met hulle sal gaan nie.

Senzo Mchunu, minister van staatsdiens en administrasie, het die nuwe reëlings vir voordele aan ministers vandag by die parlement bekend gemaak.

Ampsmotors mag van nou af nie meer as R700 000 kos nie, BTW, onderhoudsplanne en bykomende veiligheidsaanpassings ingesluit.

Ministers en hul eggenotes moet voortaan ekonomiese klas vlieg op binnelandse vlugte en op internasionale vlugte wat nie twee ure vliegtyd oorskry nie.

Die staat sal voortaan geen koste dra vir enige opgradering van veiligheidsmaatreëls by ministers se private wonings nie.

Die totale bedrag aan ministeriële selfoonkoste wat deur die staat betaal sal word, is R60 000 per jaar, insluitend alle verwante selfoonkoste en ampsoproepe.

Die totale aantal aanstellings van kantoorsteunpersoneel word verminder van 13 na sewe vir ’n minister, van nege na vyf vir ’n adjunkminister, van 12 na sewe vir ’n provinsiale premier en van 12 na vyf vir ’n provinsiale LUR.

Wat ampswonings betref sal die staat se bydraes beperk word tot R5 000 per ampswoning. Geen bydrae sal vir ministers se private wonings gemaak word nie. Geen skoonmaakmiddels, toebehore of chemiese middels sal vir ampswonings verskaf word nie, en huisbediendes moet uit eie sak deur ministers vergoed word.

Eggenote van ministers kry voortaan net ses gratis binnelandse vlugte per jaar, mits dit is om die minister na amptelike geleenthede te vergesel.

Bykomende binnelandse vliegkaartjies vir ministers word verminder van dertig na twintig per jaar.

Staatsdepartemente sal voortaan nie meer fooitjies, boeke, tydskrifte of koerante vir ministers of hul gades dek nie.

Die voortsetting van voordele vir ministers wat uittree, word verminder van drie maande na een maand.

Ministers mag voortaan net een ampswoning (of in Pretoria of in Kaapstad) gratis bewoon. Vir die ander ampswoning moet die minister huur en belasting betaal.

Mchunu het gesê soortgelyke besnoeiings word vir premiers, LUR’e en direkteurs-generaal beoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Piet parys ·

As iemand n R60 000 foon rekening kry beteken dit mos hy lê op die foon 24/7.

Jy is 'n Hero ·

Ek weet dit is al derduisende wat jy spaar, jy is ‘n Hero, dit kan egter nog bietjie meer gesnoei word, die salaris pakette moet ook gekyk word. Hul produktiwiteit moet ook gemeet word.

Lolla ·

Iewers het die ligte begin aangaan. Load shedding is nou verby.

Sybil Fourie ·

Wie gaan dit monitor??? Of is dit net op papier om die dom belastingbetalers te bluf???? Vra maar net!!

Pieter ·

Ons is lag lag die domste belasting betalers in die werld ons finansier die korrupte ANC

Karel ·

Wêreldwyd finansier gewone mense hul regerings. Ja, heelwat regerings is baie beter as ons s’n, maar nog steeds…..

DR ·

Jo maar die sous trein loop lekker. Iewers moet mens biekie rem aanslaan. Darem biekie stop ook nie net ooploop nie.

BEES ·

O my genade,nou gaan die ministers seker ook n vakbond stig en begin staak oor al die byvoordele wat weg is.Maar toe maar,of hulle werk of nie werk nie ,niemand gaan die verskil sien nie.

Ander Koos ·

Besparings prysenswaardig, maar onthou daar is geen tekort aan vindingrykheid en planne wanneer geld ter sprake is.

Dries ·

Ag ou senzo vertel ons nog n grap asb hoe lekker lag ek nou

Irma ·

Ek is benuut om te sien of al die reëls nagekom gaan word en of dit gaan realiseer. Hulle is daar omdat dit lekker is om uit die krip te vreet en ek vermoed hulle gaan slinkse en blink planne maak om die reëls te buig tot dit hulle pas.

Anti Da ·

Is net n gepraat. Daars al hope geld nog opsoek , en daar gaan nog hope geld verder die drein af gaan.

Patch ·

Ha-ha-ha. Maak jouself gemaklik, bring die popcorn.. Hierdie is een reality show wat ons nie kan mis nie.

André-Chris ·

Gaan SAL nie baie daaronder ly nie? Dan is die kans vir sakeredding mos nader aan NUL.

PJ ·

Asof hulle dit gaan toepas onthou hulle motors se pryse was ok beperk maar pryse was oorskry en niks het gebeur wat n grap

Deon ·

Nou moet burgermeesters by die metros ook in lyn kom met kantoorsteun personeel.

Hoopvol ·

Dis seker ‘n begin, maar mens kan nie help om te sê:” Alles lyk mooi op papier” nie, want ons land het baie goeie stelsels, maar die toepassing van alles val plat.

Leon ·

Laat hulle met die Shosaloza Meijl ry. As daar nie ‘n trein verder is nie, kan hulle ‘n PUTCO bus vat. Hopelik sal hulle dan weer die treindienste opgradeer.

magda ·

Klink goed saal maar sien of dit WEL toegepas gaan word -Maroela kan julle daarmee help?

Slim ·

Ag nee!!! Nou gaan ek my aansoek om betrekking as minister terugtrek.

CabyTheron ·

Ek verkies om te glo dat iemand uiteindelik begin dink!

Gert Retire@Midstream ·

My 2002 VW GTI Diesel kode 3 nog die beste. 18-20 km per liter. Opgepas, soos nuut. My vrou en al drie kinders [Universiteite] het hom bestuur en het 249500km agter die rug. Wys jou wat kan gedoen word. Geen finansiele dissipline word toegepas nie. Dit wil lyk of ongeveer 50% oor bemande poste afgestel word. In my tyd het ek na 9 jaar my staats pensioen bydra moes inboet by bedanking. So verander die tye. Mag hierdie nuwe beleid suksesvol toegepas word,

PATTY ·

Piet Patrys dit is R5000.00 p/maand. Wat nie baie is as jy jou selfoon daagliks gebruik nie. My seun is in die vervoer bedryf en sy selfoon rekening per maand is baie naby hierdie bedrag per maand. Sy foon is basies sy kantoor. Dieselfde met hierdie ministers.

Millie ·

EK sal net graag wil weet wie gaan kyk dat dit streng toegepas word as hulle nou reeds derduidende rande skuld vir munisipale rekenings?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.