Só lyk jongste Covid-19-statistieke

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 4 592 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is altesame 3 556 633 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 12,5%.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (26%) aangemeld, gevolg deur Gauteng (21%) en KwaZulu-Natal (21%). Die totale aktiewe gevalle is 102 476.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 93 278 nadat nog 161 sterftes aangemeld is, waarvan 64 in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is. Tot dusver het 3 360 879 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 94,5%.

Suid-Afrika het tot dusver 21 772 893 toetse vir Covid-19 gedoen, 36 593 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 73 hospitaalopnames. Daar is tans altesame 8 086 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 28,8 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap4796 675
Vrystaat1879 280
Gauteng97713 514
KwaZulu-Natal94434 059
Limpopo2932 581
Mpumalanga1702 459
Noordwes2015 604
Noord-Kaap1566 959
Wes-Kaap1 18521 345
Totaal4 592102 476

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 705315 774
Vrystaat7 299177 547
Gauteng20 3491 121 043
KwaZulu-Natal15 562585 652
Limpopo4 179138 984
Mpumalanga2 041176 250
Noordwes4 466172 796
Noord-Kaap2 49396 146
Wes-Kaap21 184576 687
Totaal93 2783 360 879

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.