Soektog na verdrinkte tieners se liggame duur voort

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die soektog na die liggame van drie tienermeisies duur voort nadat hulle die naweek by die Cebe-strand in die Oos-Kaap verdrink het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het bevestig die polisie het Donderdag hul soektog na die twee susters, Timna Tshomela (14) en Sisenakho Tshomela (13), en hul vriendin Liyabona Gagu (14) voortgesit. Die liggame kon egter sowat vyf dae ná hul verdrinking steeds nie opgespoor word nie.

Maroela Media het vroeër berig die meisies het Saterdag omstreeks 14:00 gaan swem toe hulle verdrink het. Duikers van die polisie in Oos-Londen is kort daarna ontbied en soek sedertdien onverpoosd na die liggame.

Die Centane-polisie doen ʼn beroep op inwoners van die Cebe-nedersetting om hulle dadelik by 073 288 0340 te kontak indien die liggame uitspoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.