Dit volg nadat die voormalige hoofkommissaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi, Solidariteit skriftelik genooi het om aan die anti-korrupsie optog deel te neem en deel te wees van die reëlingskomitee.
Vavi het verskeie burgerlike organisasies en vakbonde gevra om op 19 Augustus deel te neem aan die optog na die Parlement en die Uniegebou. Organisasies soos die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa), Numsa en Equal Education het reeds aangedui dat hulle aan die optog sal deelneem. Vavi het gesê die optog volg omdat kwessies so e-tol en die veiligheidsopgraderings by pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning aandui dat ongekende vlakke van ontkenning oor korrupsie bereik is.
“Ons sal die uitnodiging sterk oorweeg. Korrupsie is ʼn probleem wat oor gemeenskappe strek en alle Suid-Afrikaners behoort saam te staan teen die probleem,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. “Dit sal ʼn kragtige politieke boodskap uitstuur indien die burgerlike samelewing oor tradisionele verdelingslyne hieroor kan saamstaan.”
Hermann het gesê die Solidariteit Beweging bestaan uit 18 instellings, insluitend die vakbond Solidariteit, die burgerregte-organisasie AfriForum, die maatskaplike instelling Solidariteit Helpende Hand en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK). Die Solidariteit Beweging verteenwoordig sowat 310 000 gesinne.
Ek dink persoonlik self dit is n briljante idee om vir die dikvellige regime te wys dat dit vir menigte n onaanvaarbare geplunder is.Kom ons gee ons volle steun daaraan en dring sommer aan op die veiligheids situasie in die land se herstel.
Ek stem in. Dit gaan oor die verkeerd in ons land. Dis onder steen ek hul ge heel en al. Is beryd om saam te stap.
Ek stem volkome saam dat ons hande moet vat en aan die optog deelneem hopenlik kry die spul skelms die boodskap……..ons is moeg vir korupsies en geliefdes wat so onnodig vermoor word,dat vat hulle net n selfoon om dit n minuut later weg te gooi.
Wat is daar om oor te besluit?
Maak nie saak wie die uitnodiging gestuur het nie, dit gaan oor die korrupsie wat die land lam lê, maar Solidariteit gaan seker nou ‘n eiertjie wil lê omdat dit nie hulle inisiatief was nie. Ai tog….., kom net by Solidaritiet!