Die lyfwag van die speaker van die Msunduzi-munisipaliteit in KwaZulu-Natal is doodgeskiet. Die voorval is beskryf as ʼn voorafbeplande aanslag.
Mhlabunzima Mngoma is glo herhaaldelik deur twee mans geskiet toe hy Woensdagoggend in sy motor geklim het in die Caluza-nedersetting buite Pietermaritzburg.
Kol. Thembeka Mbhele het nie die man se naam bevestig nie, maar wel bevestig ʼn 30-jarige lyfwag van die speaker was in die munisipale voertuig toe hy geskiet is.
“Die oorledene is met sy veelvuldige skietwonde na die hospitaal gehaas waar hy by sy aankoms dood verklaar is,” het Mbhele gesê.
Die verdagtes het Mngoma glo geskiet toe hy op pad was om te ry, hom daarna uit die motor gesleep en toe van naby af ook geskiet.
ʼn Woordvoerder van die Msunduzi-munisipaliteit het Mngoma as ʼn toegewyde, professionele man beskryf. Hy het ook sy medelye aan die gesin en vriende van die oorlede betuig.
Die motief vir die moord word nog ondersoek en ʼn saak van moord word ondersoek.
Maar net nog ‘n standaard dag in politiek-a-la-afrika…