Die top vyf boere in die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer Soek ʼn Vrou is Donderdagaand bekend gemaak.
Lees meerAlles vir Donderdag 9 November 2017
Vermiste Rustenburg-tiener opgespoor
Gomolemo Haraba, die tiener van Rustenburg in Noordwes wie se verdwyning glo aanleiding gegee het daartoe dat vyf huise aan die brand gesteek is, is opgespoor.
‘Bewerings dat Gigaba nasionale tesourie kaap baie ernstig’
“Die ANC-regering het reeds herhaaldelik bewys dat hy geensins vertrou kan word nie. Teen hierdie agtergrond kan geen waarde geheg word aan die minister se ontkenning nie.”
Nóg ʼn akteur beskuldig van verkragting
Dié beskuldigdes vorm deel van ʼn hele rits bekendes wat van seksuele teistering en verkragting beskuldig word wat onder andere Dustin Hoffman, James Toback, Brett Ratner, Harvey Weinstein, Kevin Spacey en Jeremy Piven insluit.
Laat aansoeke vir 2018-skooljaar sluit dán
Aansoeke is weer heropen om ouers wat die 12 Junie-sperdatum misgeloop het, nog ʼn geleentheid te gee om aansoek te doen.
Twee uit die tien van SA hou kontak met Wiesberger
Op ʼn dag waar dit nie te waffers met die tien Suid-Afrikaanse spelers in die Nedbank-uitdaagtoernooi gegaan het nie, het twee van hulle darem kontak met die voorloper, Bernd Wiesberger, behou.
Waarskuwing teen ‘demoniese zombie-dwelm’ uitgereik
“Mense wat die dwelm gebruik se gedrag verander heeltemal – dit is asof hulle demonies optree met buitengewone menslike krag. Die mense verander in iets heeltemal anders; asof hulle van hulle kop af raak.”
Nóg huise gebrand oor vermiste tiener
“Die gemeenskapslede het gedreig om die brandweerwa aan die brand te steek as hulle die brande blus. Hulle het teruggekeer sonder om die brande te blus.”
Drie Bok-veranderinge om die Iere tuis te probeer tem
Allister Coetzee het drie veranderinge aan die Springbokspan vir Saterdag se toets teen Ierland Dublin aangebring. Oor een kan ʼn mens nie kla nie, oor die ander wonder jy en oor die derde kan daar net kop geskud word.
Man vermoor baba glo ná rusie met meisie
Die polisie het bevestig dat die paartjie ʼn uitval gehad het voordat die man na bewering die vier maande oue babatjie vermoor het.
ToekomsVenster: Ek moet jou voete was
O Here God, dis nie maklik om te vergewe nie! Daar is mense wat my diep seergemaak het en ek vind dit bitter moeilik om dit te laat gaan.
Ek gaan nee sê: My kind is my verantwoordelikheid
“Voor 10 November moet Suid-Afrikaners kommentaar op die wysigings lewer. Ek, soos tienduisende ander ouers, gaan nee sê. Ek gaan nee sê vir skoolkaping deur die staat. Ek gaan nee sê vir die staat se planne om openbare skole in staatskole te omskep.”
Boekresensie: ‘Die Greyson-probleem volgens Nikita Joubert’
Boek twee lees soos ’n droom en mens kan nie gou genoeg die bladsye omblaai om te lees wat gaan volgende gebeur nie.
‘Doom-profeet’ dán verhoor
Die sogenaamde “Doom-profeet” het glo sy gemeentelede in die gesig en op ander liggaamsdele gespuit om hulle van kanker, MIV/vigs en ander siektes te “genees”.
20 jaar van Solidariteit was ʼn visie anderkant die woestyn
“By ons is daar nie moedeloosheid nie maar energie, want ons glo as jy twyfel oor die toekoms, dan bou jy dit. Dit is die enigste manier hoe jy verseker van jou eie toekoms kan wees.”
Die wêreld in foto’s – 9 November 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Op reis deur Europa: Die burgers van Calais
My eerste kennismaking met “Die burgers van Calais” was in die Rodin-museum in die Rue de Varenne in Parys. Jy stap deur die museum en wanneer jy in die tuin kom, staan ses aangrypende mansfigure, effens groter as normaal, skielik reg voor jou. In Lille loop ek hulle weer raak. Hierdie keer ses klein losstaande beeldjies. Ek staan weereens stil. Dit bly net iets wat jou aangryp.
Aanklagte by polisie teen Jacques Pauw ingedien
Die Staatveiligheidsagentskap (SVA) het strafregtelike aanklagte teen Jacques Pauw, die skrywer van The President’s Keepers, aanhangig gemaak.
KFC-saak: Beskuldigde glo aangerand en besteel
“Hy het die saak probeer aanmeld, maar hulle wil hom glad nie bystaan nie.”
Burgemeester betaal vir begrafnisse ná vyf kinders sterf
Solly Msimanga, Pretoria se burgemeester, gaan vir die begrafnisse betaal van die vyf kinders wat die afgelope naweek in die stad in ʼn fratsongeluk dood is.