Sewe Afrikaanse titels tel onder die boeke waarvoor vertaalregte onlangs deur NB-Uitgewers in die buiteland verkoop is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "The President’s Keepers"
Valke slaan toe op Pauw se gastehuis
“Dit sal ʼn lang soektog wees, dit is ʼn groot plek.”
SAID hof toe oor Pauw se boek
“Dit is nie ʼn aanval op die geloofwaardigheid van die boek nie, maar bevestiging van die geloofwaardigheid van die boek.”
Jacques Pauw: Polisiebeampte glo van saak verwyder
Jacques Pauw, die ondersoekende joernalis en skrywer van die omstrede boek The President’s Keepers, het Dinsdag gesê die polisieondersoekbeampte wat die saak teen hom behartig het, is van die saak verwyder.
Ramaphosa lees ook ‘The President’s Keepers’
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Donderdag aan die Nasionale Vergadering gesê hy lees ook die topverkoper boek deur ondersoekende joernalis Jacques Pauw, The President’s Keepers, ʼn onthulling van die Zuma-administrasie wat die Staatsveiligheidsagentskap wil verbied.
Nzimande prys Pauw se boek aan by SAKP-samekoms
“Ons wil amptelik as die SAKP sê, gaan en gaan koop daardie boek deur Jacques Pauw.”
NB Uitgewers staan by Jacques Pauw en sy boek
“In plaas daarvan dat hulle ondersoek instel oor dit wat in Pauw se boek onthul is oor die agentskap, het die SVA gekies om die ‘boodskapper te skiet’.”
Tekenprent: The President’s Keepers
Terwyl Zuma vir sy politieke lewe baklei ná die Gupta-e-posse in 2017 uitgelek het, het ‘n kabaal – The President’s Keepers – seker gemaak dat hy ná jare van ʼn vervalle regering, steeds aan bewind en uit die tronk bly. Maar is Zuma die poppekasmeester of hul marionet? Só skryf Jacques Pauw in sy boek, The President’s Keepers.
Jacques Pauw: ‘Ek is nie bang vir inhegtenisneming’
“As ek nie die inligting gepubliseer het wat hulle juis nie wil hê gepubliseer moet word nie, sou hulle my nie aangekla het nie.”
Aanklagte by polisie teen Jacques Pauw ingedien
Die Staatveiligheidsagentskap (SVA) het strafregtelike aanklagte teen Jacques Pauw, die skrywer van The President’s Keepers, aanhangig gemaak.
Boek sal nie onttrek word nie, verseker uitgewer
NB Uitgewers het Maandag ʼn prokureursbrief aan die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) gestuur om te bevestig dat die maatskappy nie Jacques Pauw se nuwe boek, The President’s Keepers, sal onttrek nie.
Nuuskommentaar: Gaan Jacques Pauw-boek Zuma laat val?
Gaan die harde reguitlinker, gevolg deur ’n regteropstopper soos min, genoeg wees om Zuma dié keer tot ’n val te bring? Met Jacques Pauw se boek is Zuma se persoonlike “empire” onder enorme druk geplaas.
Dreigemente om Zuma-boek te verban ‘kommerwekkend’
“Hierdie boek bevat ʼn toets en ʼn uitdaging oor of ons staatsinstellings die kapasiteit en bereidwilligheid het om die oortredings in ons regering aan te spreek.”
Só sê Jacques oor roofkopie van nuwe boek
Jacques Pauw het op sy Facebook-blad laat hoor hy word oorval met versoeke van mense wat hom wil betaal vir roofkopieë van sy pas uitgereikte boek The President’s Keepers.
Roofkopie van Zuma-boek versprei digitaal
ʼn Roofkopie van die omstrede pas uitgereikte boek oor pres. Jacob Zuma, The President’s Keepers, versprei soos ʼn veldbrand onwettig op sosiale media.
Uitgewer versoek om Zuma-boek te onttrek
Die Staatsveiligheidsagentskap (SVA) het NB Uitgewers versoek om Jacques Pauw se boek The President’s Keepers te onttrek en sekere dele van die boek te verwyder.
SAID dreig met regsaksie oor jongste Zuma-boek
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) oorweeg dit om regsaksie te neem teen die ondersoekende joernalis Jacques Pauw en die Sunday Times.
Zuma ontken ‘ekstra salaris’
Pres. Jacob Zuma het Donderdag tydens ’n vraag-en-antwoord-sessie in die Nasionale Vergadering vrae beantwoord oor berigte dat hy ’n “salaris” van R1 miljoen per jaar van ’n omstrede tendermagnaat ontvang het.
[Boek] The President’s Keepers
Terwyl Zuma vir sy politieke lewe baklei ná die Gupta-e-posse in 2017 uitgelek het, het hierdie kabaal – The President’s Keepers – seker gemaak dat hy ná jare van ʼn vervalle regering, steeds aan bewind en uit die tronk bly. Maar is Zuma die poppekasmeester of hul marionet?
Presidensie verwerp berigte oor Zuma-belasting
Die presidensie het Sondag bewerings in mediaberigte verwerp wat aanvoer dat pres. Jacob Zuma sommige fondse nie verklaar het nie.