Splinternuwe polisiestasie staan al sedert 2015 leeg

Die Muyexe-polisiestasie in Giyani in Limpopo (Foto verskaf deur die DA)

Die Demokratiese Alliansie daag polisieminister Bheki Cele om sy plan bekend te maak om amptelik die Muyexe-polisiestasie in Giyani in Limpopo oop te maak wat al sedert sy afhandeling in 2015 leeg staan.

Solly Malatsi, DA-LP, sê dié polisiestasie, wat R20,5 miljoen gekos het, is meer as ʼn halwe dekade nog steeds nie operasioneel nie. Die tender vir die konstruksiewerk is toegeken aan Mohlatlego Trading Enterprises in Augustus 2014.

“Die ‘polisiestasie’ is gebou as deel van ʼn pakket van diensleweringsingrypings om inwoners se lewens te verbeter in Muyexe, as deel van die omvattende landelike ontwikkelingsprogram wat oudpres. Jacob Zuma van stapel gestuur het. Tydens ons besoek aan die gebou, ter waarde van R20,5 miljoen, het ons slegs ʼn verlate perseel gevind met geen realistiese aanduiding dat die deure binnekort oopgemaak gaan word nie,” sê Malatsi.

“Die plafon is besig om te verbrokkel. Daar is geen water of elektrisiteit nie. Die aanhoudingselle is nou vol spinnerakke, eerder as misdadigers. ʼn Paar miljoen sal ongetwyfeld weer spandeer moet word voor die gebou in gebruik geneem kan word.”

Die Muyexe-polisiestasie in Giyani in Limpopo (Foto verskaf deur die DA)

Malatsi sê intussen word die gemeenskap van Muyexe deur misdaad geteister en daar is dus uitermatige druk op die Giyani-polisiestasie – wat reeds nie genoeg hulpbronne tot hul beskikking het nie. Volgens die jongste misdaadstatistieke is Giyani onder die top-30-polisiestasies wat gevalle van seksuele oortredings en verkragting aangemeld het.

“Die feit dat hierdie ‘polisiestasie’ nog steeds nie operasioneel is nie, wys dat die ANC-regering nie ʼn duit omgee oor landelike veiligheid nie. Dit gaan mens se verstande te bowe dat polisiestasies wit olifante word in ʼn tyd waar misdaad steeds gemeenskappe breek.”

Die DA-regerings sal belê in plaaslike wetstoepassing en plaaslike toestande aanspreek wat in die eerste plek tot misdaad lei. “Waar ook al ons aan bewind is, daar kry ons dinge gedoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Harley Davidson ·

Hulle weet seker nie eers van die gebou nie ,wat ‘n mors van belasting geld.

Piet ·

Hoe kan cele nie kennis dra van die polisiestasie nie?Anc vrót tot in die diepste diepste wese en cyril en al sy clowns moèt weet van die korrupsie!!!!Haatlike anc terroriste!!!!

JohanR ·

Die kaders het geskep, die bank rekening was vol, soe gee nie eintlik ‘n duit om of die polisie stasie leeg staan nie! I’ve got mine jack!

Hennie J ·

Nee, maar die sakke van die kader wat geskep het is wel vol goud!

Tipper ·

Dit is hoekom daar nie dienslewering is nie,so gaan dit met die polisie stasie.

Francois ·

Hulle kan nie eens n dronk party in ‘n brouery hou nie…

Sarel ·

Sedert 2015 …nou 2021..nou doen die DA navrasg
Verkiesing??????

Kokerboom ·

Al die Ministers versaak hul verantwoordelikhede EN CR hou hul NIE aanspreeklik!! SWAK President!!

Danie ·

Soe word geld gemors en soe staan geboue en niks doen terwyl soe baie ander projekte vir soe baie inwoners afgehandel kon word met soe baie geld terwyl soe veel ministers net praat en soe baie beloftes maak soe dat die breinloses weer vir hulle moet stem soe dra dit verkiesingtyd word.

Jdb ·

Die heiningkolomme en pleisterpanele dis dan nog nie eers geverf nie? Wat van stormwaterkanale en spatrande (aprons) om die geboue? Hierdie bouwerk is nie klaar nie.

Mariana ·

Ja wat algehele verval en mors van miljoene rande en die wat daarby baat is hulle wat hulle sakke volstop van jou, die belastingbetaler, se hardverdiende geld. Dis nou tyd vir die ANC om te verdwyn. Hulle het niks goed vir hierdie land gebring nie, net leeggesuig soos ‘n lemoen. Genoeg is darem sekerlik nou genoeg.

Sewes ·

Hierdie is net een van Baie. Vra maar vir die Inwoners van CARLETONVILLE ??? Daar staan n Wit Olifant Polisie Stasie al vir Baie Jare. Kom ons vra vir Lesers om ons te verwittig van Sulke Staatsgeboue wat Gebou en nooit benut is nie in hul Stede en Dorpe. Wonder hoeveel nuwe Hospitale is Onder Benut ???
Sewes Scholtz.
Potchefstroom.

Yolandie ·

Cele sal seker weer iets belagliks sê, soos dit is rassistiese aantuigings. Hy is so dom soos brood.

Aai ·

Leer wat hulle aan raak staan of raak vervalle.Moeilik om geld te maak as jy in stasie sit almal wil buite werk waar hulle korrup kan wees.20 milj vir daai klein plek???Seker net dop alles uit gesteel al.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.