ʼn Sportnutsvoertuig het Vrydagoggend in ʼn inwoner van Rooseveltpark, wes van Johannesburg, se swembad beland ná ʼn botsing met ʼn ander motor.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing tussen die twee voertuie het by die kruising van Vyfdestraat en Wenningweg gebeur.
“Die sportnutsvoertuig het ná die botsing deur ʼn eiendom se grensmuur gebars en in ʼn swembad tot stilstand gekom,” het hy gesê. “Gelukkig het nie een van die twee bestuurders enige beserings opgedoen nie. Die mense wat op die perseel bly, is ook ongedeerd.”
Dit is die tweede voorval waarop ER24 vandeesweek reageer het waar motors op eienaardige plekke beland het.
Maroela Media het vroeër berig ʼn man van Kwamakhutha in die suide van Durban het Donderdagoggend met ʼn skok wakker geskrik en afgekom op ʼn motor wat deur sy huis se dak geploeg en halfpad in die woonkamer gehang het.
Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het toe aan Maroela Media gesê ʼn man het omstreeks 08:30 op ʼn pad met ʼn effense helling langs die huis gery toe hy iets getref het wat die motor die lug laat inskiet het. Die motor het deur die huis se dak geval en met die enjinkap na bo in die huis se leefarea tot stilstand gekom.
“Die persoon het glo in die slaapkamer langs die leefarea geslaap toe hy wakker geskrik het van ʼn harde slag,” het Rossouw gesê. “Niemand is in die voorval beseer nie.” Klik hier om foto’s van dié toneel te sien.
Al meer vlieëniers met motors? Wonder maar oor die soort spoed op land.
Dan Winston lyk daardie een in die swembad ook meer na ‘n Sports Niksnuts voertuig.
Die kruiwa op die foto lyk nou na ‘n beter belegging . . .
Met Pieter Wenningweg in beide rigtings ‘n STOP en Vyfdestraat die reg om te ry.
Ja-nee, een STOP-teken té veel is geïgnoreer. En die ander een wat kon ry het seker 60km/h gery . . . ?
Dalk n vuur in die kar. Dit is mos a firepool is dit nie