Staatsrede: SA ‘hoopvol’ tydens ‘Ramaphosa-wittebrood’

President Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Die burgerregte organisasie AfriForum het in ʼn verklaring gesê die ware inhoud van pres. Cyril Ramaphosa se eerste staatsrede sal eers beoordeel kan word wanneer die “Ramaphosa-wittebrood” verby is.

Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van die organisasie, het gesê die werklike betekenis van sy verwysings na onder meer transformasie en grondonteieningsplanne sal eers in die uitvoering daarvan duidelik word.

“Ná die politieke onstuimigheid wat die aanvang van 2018 in Suid-Afrika gekenmerk het, het pres. Ramaphosa met die staatsrede duidelik gepoog om ’n versplinterde gehoor te verenig. In die proses het hy selfs ’n paar woorde Afrikaans gepraat en erkenning aan die taal- en kulturele verskeidenheid van die land se gemeenskappe gegee.

“Sy fokus was veral op ekonomiese herstel en groei. Hy het die meeste van die ernstigste probleme in die land eerlik geïdentifiseer, soos die onaanvaarbare hoë jeugwerkloosheidsyfer en die krisistoestand van ondernemings in staatsbesit,” het sy gesê.

Bailey meen Ramaphosa het geen sekerheid gegee oor die kwessies wat juis “die ekonomie in onsekerheid dompel en beleggers afskrik” nie.

Dié kwessies sluit onder meer in grondonteiening sonder vergoeding, nasionale minimumlone, transformasie en gratis tersiêre onderwys. Bailey meen daar was egter geen verwysing na presies hoe dié programme uitgevoer sal word nie.

“Veral onrusbarend, was die lang en luide applous in reaksie op sy verwysing na grondonteiening sonder vergoeding,” sê sy.

Bailey sê die staatsrede was uiteindelik vol “beloftes en idealistiese uitsprake”. Sy sê net die tyd sal egter kan leer of die “hoopvolle atmosfeer wat pres. Ramaphosa probeer skep het” volhoubaar sal wees en op konkrete positiewe resultate sal uitloop.

Volgens die organisasie het die staatsrede weer die noodsaaklikheid van ’n sterk, onafhanklike burgerlike gemeenskap en burgerlike instellings wat politici vir hulle optrede en beloftes aanspreeklik kan hou, beklemtoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jerry ·

Alana en Afri-Forum moet hulself reg posisioneer om deel te wees van die werksgroepe wat CR in die lewe gaan roep om al die probleemareas wat Cyril (nie CR) in die skrywe uitlig, aan te spreek. Wees so deel van die oplossing, dit kan dalk ook help om julle visie te verbreed!

Alida ·

Ons moet hom n kans gee. Hy kan nie oornag alles verander nie. Hy moet eers van die ongure elemente ontslae raak voor ons iets sal sien en voel. Huisskoonmaak is baie harde werk.

Magda ·

Moenie naief wees nie! Ek vra alle blankes gaan kyk Suidlanders se videos op you tube asook hul webtuiste…ons stuur af op n rebellie. Daar sal blankes wees wat dit sal afmaak as nonsens maar asb julle hoe lank gaan ons net gesig wegdraai en hoop? Nee word wakker wit suid afrikaners!

Cherokee ·

Ag júlle en Maroela is ‘n pyn! Die staatsrede was voorberei nog voordat Ranaphosa besef het dat hy eerste oor die wenstreep was.

Callie ·

Liewe hemel. Die blatante stiksienigheid, ongelooflike naiwiteit en byna kinderlike belaglikheid. As jy wit is en vir een sekonde dink dit gaan beter met jou gaan. Hemele behoed ons, aarde sluk ons in, ek is nie meer deel van julle nie

Wonder maar net ·

CR kan hoe n wonderlikke staatsrede gelewer het.
Grondonteiening sonder vergoeding maak aldie ander mooi beloftes ongedaan.
Jy kan nie suksesvolle Ekenomiese groei najaag terwyl jy Grondonteiening sonder vergoeding nastreef nie.
Radilale elemente gaan die woorde van CR uitbuit tot eie gewin.
Gaan die onbenutte Plaasgrond geteiken word.
Daar is miljoene hektaar Staatsgrond wat nie benut word nie.

Fanie ·

Hoe kan SR een oombeluk praat van gelykhyd onder alle kleure en die volgende oomblik se hy dat die grond van die blankes gevat gaan word sonder vergoeding met ander woorde daar word nog steeds teen velkleur vasgekyk en die blankes word nog steeds teen gediskrimineer wat beteken al die ander beloftes dan hulle is maar almal die selfde

Kat ·

Wonder of al die immigrante ook plase gaan kry?
Niks sal my verbaas nie.

Eish ·

Née wat, die priesters, pastore, biskoppe, apostels en profete in vandag se tyd kry blinde emosie net so opgesweep.
Ek wil eers sien of daar Afrikaansprekende Kaukasiërs in al die komitees, rade en advieskomitees gaan wees. Een van die grootste Afrikaanse besigheidsmanne in ons huidige tydsvak, Whitey Basson het sy dienste gratis aangebied en waaragtig Eskom maak nie gebruik daarvan nie.
In die Sona toespraak kan ek inlees die stryd teen die Afrikaner. Dit is netjies weggesteek in opgetofde en gepoleerde samebinde aksieplanne sonder detail.
Die verwysing van “former vice president de Klerk” miskien sy vroeëre rol in die geskiedenis en tesame hiermee die Afrikaner.
Sekerlik die Achillesheel van die regerende meerderheid is verseker die gebrek aan kapasiteit. Na n kwarteeu in die huidige bestel, het hul onderwysstelsel nie naastenby die swart kundigheid gelewer om die probleem aan te spreek nie.
Dit is met groot dankbaarheid dat die beplande verkleinde parlement en staatdiens afgewag word. Die stryd teen korrupsie is baie positief.
Maar wat die Afrikaansprekende Kaukasiërs betref, is ek bevrees dat ons steeds gedoem is tot n krummelbestaan in die bestel.

Vermeende ·

Hierdie sal seker een van my laaste plasings wees, ons volkie staan met die galgtou om die nek en steeds is daar die wat glo ons gaan nie gehang word nie, en die wat glo met sy laaste wens kan hy nog met die laksman redineer om nie die vloer onder hom weg te ruk nie.
Glo dit maar, daar was Jode wat naak voor die gaskamers gestaan het en ook geglo het hulle sal positief bly en nie vergas word nie. In Rwanda was daar ook die blindes wat geglo het in die kerke sal hulle niks oorkom nie, hulle was optimisties posetief maar hulle is geslag soos diere.
Hierdie volk kan nie meer gered word nie, hy is liberaal melaats, sy oë het uit gevrot, feite maak hom siek maar politieke belotes is sy tower kuur.
Gaan in vrede my volk, jy verdien jou lot!

DHK ·

Vermeende, jy is heeltemal reg. Dit is vir my seer om dit te sê maar die Afrikanervolk het ruggraatloos en Goddeloos geraak. Voorwaar verdien ons volk die ellende wat vir ons wag…

Boet Fasie ·

Cyril Ramaphosa sal net soos Mandela moet poog om die hele Suid Afrika agter hom te vereenig, ongeag taal of kleur. Hy sal plaasmoorde moet veroordeel net soos wat hy misdaad en bende geweld veroordeel. Sterkte CR

Vasbyt ·

DHK moenie moedeloos raak nie.Die smeltkroes moet nog plaasvind en dan sal die goud van die klip geskei word.Met die goud sal ons dan voortbou.Die klip ( lamsakke en rugraatlose libs) sal vlug.Dan het ons geen bagasie nie.Dan kan baie vermag word.
So vasbyt.Ons gaan daar kom.Ons geloof sal ons bymekaar en sterk hou.

Cherokee ·

Lees my kommentaar van 24uur gelede. Ramaphosa het nog nie eens gedink hy gaan dit maak nie, toe was de staatsrede al voorberei. Julle maak comics van julself.

Denise ·

Ek stem 100% saam met Magda , Callie en Eish ek weet nie of daar eens krummels gaan wees nie ek sien meer die kleur rooi ons mense sal vinnig moet begin besef dinge gan net erger raak !!!! Without prejudice!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.