‘Sterk optrede’ geëis ná vyf ontsnap   

De Wet Nel

Die VF Plus het tydens ʼn sitting van die Noordwes-wetgewer geëis dat die omstandighede rondom die ontsnapping van vyf gevaarlike misdadigers uit polisie-aanhouding in Zeerust dringend ondersoek word.

Die vyf ontsnaptes het reeds vorige veroordelings en is aangehou op klagte van moord, roof en verkragting.

De Wet Nel, VF Plus-LPW in Noordwes, het gesê dit is veral kommerwekkend dat die mans ontsnap het nadat boere-organisasies en lede van die gemeenskap die polisie herhaaldelik versoek het om doeltreffende maatreëls in te stel om dit te voorkom.

“Dit is bekend dat die persone vantevore reeds uit aanhouding ontsnap het.

“Dit is belangrik dat die provinsiale regering homself sterk uitspreek teen sulke voorvalle en die hoë voorkoms van geweldsmisdaad in Noordwes.

Stilswye uit regeringskringe sal bloot die persepsie van stille kondonering van ontsnappings onder lede van die gemeenskap versterk.”

Die voorsitter van die portefeuljekomitee vir gemeenskapsveiligheid, Kim Medupi, het aan die VF Plus ʼn onderneming gegee dat die voorval ondersoek sal word. Medupi het ook onderneem om in gesprek te tree met die provinsiale polisiebestuur.

“Sy het voorts onderneem om ʼn vergadering van die portefeuljekomitee vir gemeenskapsveiligheid en die polisie vir die publiek toeganklik te maak.”

Volgens Nel steier inwoners van Noordwes reeds lank onder hoë vlakke van misdaad en ondermyn voorvalle soos hierdie die vertroue van die gemeenskap in die owerhede.

“Die VF Plus sal hierdie ondersoek monitor en druk toepas om seker te maak die ontsnapte misdadigers word aangekeer en dat enige moontlike ongerymdhede rondom die ontsnapping blootgelê word.”

Maroela Media het vroeër berig die vyf verhoorafwagtende gevangenes het die naweek uit die aanhoudingselle by die Zeerust-polisiestasie ontsnap nadat hulle na bewering ’n polisiebeampte by die selle oorval en die sleutel by die beampte afgeneem het.

Joshua Sibanda (39), Amogelang Motsiane (36), Tshepiso Kwenampe (22), Bengu Hlanganane (31) en Enoch Lebeloane (46) staan tereg op verskeie ernstige aanklagte, waaronder poging tot moord, verkragting, huisroof, sakeroof en roof met verswarende omstandighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nie Verbaas ·

Hoe verwag hulle sterk optrede vanaf hopeloses wat nie ontbyt sonder hulp kan eet nie?

Shakespeare ·

Stel onbevoegde korrupye kaders aan. Resep vir katastrofe. 27 jaar al DUIDELIK bewys.

Di ·

Hierdie is die gevolg van die aanstel van korrupte, onbevoegde lede in die polisiemag! Meerderheid is korrup en neem self deel aan kriminele dade. Begin deur sifting van alle lede tans in die polisiemag. Kyk maar die die Polisie Minster, dit vanself spreek BOEKDELE. VROT van bo tot onder

Surfer ·

Daars n gras in die slang………………………money talks.

SjN ·

Nee George, daar is tjo tjo geld geruil, wat se beserings net die beampte opgedoen? Die sel is vir hul oopgesluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.