“Stille Nag” steeds heilig, sê kerk

Die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika het ʼn beswaar teen die sing van die lied “Stille Nag” verwerp, het Beeld Dinsdag berig.

“Lag maar lekker en doen wat julle wil,” het dr. Hennie van Wyk Maandag tydens die GKSA se algemene sinode in Potchefstroom gesê nadat sy beswaar verwerp is.

Van Wyk het aangevoer dat die lied se woord ʼn nag heilig, al is daar geen kultuur-historiese bewyse wat die geboorte van Jesus tot ʼn bepaalde maand en jaar verbind nie. Die lied begin met die woorde “Stille Nag, Heilige Nag” en bevat ook die woorde “Heer, gebore vir ons!”.

Van Wyk het versoek dat daar gestem word teen die sing van die lied, maar dit is egter deur ʼn groot meerderheid afgekeur.

Verskeie sprekers het gesê die woord “heilig” het ʼn wye betekenis en dat daar nêrens in die lied beweer word dat Jesus op 25 Desember gebore is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willie

Ou Hennie, luister ‘n bietjie wanneer Stevie Nicks Silent Night sing. Jy kry hoendervleis! Waarborg jy sal nie sulke onsin kwytraak nie. Lank lewe die sing van Stille Nag!

Snip

Ek stem Willie, as hulle oor iets wil praat of wonder; is dit eerder of Saterdag nie eerder die dag van aanbidding moet wees nie, want alhoewel ons op Sondae aanbid wys elke vers in die Bybel dat dit eintlik Saterdag moet wees. As God dan ook sê Hy het die Sabbat geheilig en dis eintlik die Saterdag, dan hou ons kerk op n dag wat nie geheilig is nie, maar deur die kleinhorinkie in Openbaring wat tyd en tye verander het verander is; en dan is ons almal besig om kerk te hou op n dag wat God nie… Lees meer »

CHRISTA CONTINO

Snip hou jou bek!! Ten eerste: Jy kan God nie eers korrek spel nie. Die god van wie jy praat is gewoon ‘n afgod. Ten tweede moet ons Christus se geboorte ELKE DAG van die jaar vier, nie net tydens Kersfees nie. Derdens moet ons die HERE ELKE DAG aanbid en nie net op ‘n sekere dag van die week nie. Vierdens, waar het jy van die bus afgeval? Die doop vervang die besnydenis en babas is besny, nie volwassenes nie!! Christus het ook mense op die Sabbat genees, wat toe teen Hom gehou is. Jy kan God net opreg… Lees meer »

Neels

Christa, dat jy nou so lelik moet praat. Ek glo nie “hou jou bek” is woorde wat in die gesprek hoort nie, of in enige gesprek nie. Veroordeling gaan nie vir jou of Snip of Hennie of wie ook al van enige nut wees nie. Hennie, jou opmerking oor kultuur historiese bewyse is in die kol….maar as dit die maatstaf is wat konsekwent toegepas word dink ek daar is bitter baie in ons huidige geloof en gebruike wat hersien sal moet word. Geloof is tog veronderstel om vrede te bring nie waar nie…?

snip

Sjoe Christa, jammer as jy my verkeerd verstaan het.