Suikerrietbedryf verloor miljoene weens KZN-onluste

Transformasievoordele is ook regstreeks gekoppel aan die tonnemaat wat gelewer word, wat beteken kwekers kan dié voordele ook kwyt wees. (Argieffoto: Tongaat Hulett)

Die Vereniging vir Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekers is diep bekommerd oor die uitwerking van die onlangse oproer in KwaZulu-Natal en Gauteng. Verliese beloop reeds R84 miljoen en die vereniging waarsku dat talle werksgeleenthede in landelike gebiede in die weegskaal is.

Die vereniging sê tydens die oproer het hy gesê dat die algehele skade vir kwekers tot R300 miljoen kan beloop as hy nie die meer as 500 000 ton suikerriet – wat in voorvalle van brandstigting beskadig is –kan fynstamp nie.

“Die vrese word nou ʼn werklikheid.”

Meule in KwaZulu-Natal het reeds 135 222 ton beskadigde suikerriet afgekeur. Dit is ʼn verlies van meer as R84,5 miljoen.

“Byna ʼn derde van die suikerriet wat tot dusver verwerp is, meer as 38 000 ton, behoort aan kleinskaalse kwekers wat die grootste gevaar loop om nie van inkomsteverliese van hierdie omvang te herstel nie.”

Die vereniging sê die meeste kleiner kwekers het geen versekering nie en terwyl hulle wag op uitbetalings van Sasria – die regering se korttermynverseker vir onluste – is hulle ook ingelig dat alle suikerriet wat aan die brand gesteek is voor meule gesluit is, nie gedek sal word nie. Dit selfs nadat verskeie meule eers gesluit is nadat groot hoeveelhede suikerriet reeds deur brandstigters geteiken is.

Transformasievoordele is boonop regstreeks gekoppel aan die tonnemaat wat gelewer word, wat beteken kwekers kan dié voordele ook kwyt wees.

Op talle plekke werk meule steeds nie teen volle kapasiteit nie en verliese kan na verwagting vererger omdat meule nie gebrande suikerriet vinnig genoeg verwerk nie.

Die vereniging het nou aan verskeie staatsinstellings geskryf en gevra dat geldelike bystand direk aan kwekers betaal word. Dit sluit in korrespondensie aan die departement van handel, nywerheid en mededinging, die landboubemarkingsraad, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en die parlementêre portefeuljekomitee oor grondhervorming en landelike ontwikkeling.

“Die skade wat opgedoen is, kan die bedryf lamlê en dit sukkel reeds weens die ernstige droogte, goedkoop invoere en die suikerbelasting.”

Die vereniging sê dringende regeringsingryping is nodig om die uitwerking op die bedryf en diegene wat daarop staatmaak, te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

Dit is jammer dat ons land so ten gronde gaan. Ongelukkig is dit die ANC en sal hul nie stop voor daar niks oor is nie. Enige regdenkende mens sou reeds jare terug besef het dat hul nie verder vir die ANC se leë be;pftes kan val nie,maar wanneer dit by stem kom, dan word die kruisies maar weer getrek want hul glo die klomp wat in die stemlokale rondloop kyk waar die kruisies getrek word. Die samelewings word vooraf geintimideer deur die ANC en die mens eis bang.

Chris dupreez ·

In dit agv n klomp idiote wat die onluste aangeblaas het

Misky ·

Daar moet meer werk gemaak word rakende die vaskeer van opstekers en dan daai latte wat die eintlike vuurhoutjie getrek het. Hulle moet verantwoording doen en bekend gemaak word. Hulle het absoluut niks hierby gebaat nie. Of dalk het hulle hul doel bereik, want hul wil mos die wettige boere van die land afhê. Die “Son of the Soil” het dit mos aan hulle belowe…….

marius ·

Suiker is wit , en lig bruin . Genoeg vir hoed en sy hoofman om die skade te regverdig . Punt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.