Susters vas vir moord, verkragting van ma

Die Nelspruit-polisie het twee susters vandeesweek in hegtenis geneem vir die grusame moord op hul 62-jarige ma bykans drie weke gelede in die Barberton-omgewing in Mpumalanga. Die susters en drie ander verdagtes het na bewering die moord reeds sedert November haarfyn beplan.

Wanter Dlamini (62) se jongste dogter, Nonhlanhla Mthunywa (30), het glo op 6 Januarie saam met ʼn 41-jarige manlike vriend by haar ma ʼn besoek afgelê en haar na haar huis toe genooi vir ʼn kuier. Dlamini het onmiddellik ingestem en haar gereed gemaak vir dié beloofde kuier.

Volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder van Mpumalanga, het Mthunywa se manlike vriend saam met nóg twee ander manlike verdagtes, Dlamini by Mthunywa se huis ingewag. Toe Dlamini by haar dogter se huis opdaag, is sy na bewering deur twee van die mans ontvoer, grusaam aangerand en verkrag, terwyl haar dogter (Mthunywa) haar vasgehou het.

“Dlamini is daarna vermoedelik verwurg. Haar liggaam is in ʼn kombers toegedraai en by die buitetoilet versteek,” sê Hlathi.

Mthunywa se 39-jarige suster, wat glo ook betrokke was by beplanning van die moord op hul ma, het later die dag gereël om van hul ma se liggaam ontslae te raak. Die suster se naam is nog nie bekendgemaak nie. Dlamini se liggaam is in ʼn nabygeleë veld gestort.

Volgens Hlathi is Dlamini se liggaam in die veld ontdek. Die polisie het ʼn saak van moord aanhangig gemaak.

Die polisie se ondersoek het aan die lig gebring dat Dlamini se moord haarfyn deur haar twee dogters beplan is. “Mthunywa se vriend het verlede jaar November ʼn versekeringspolis onder Dlamini se naam uitgeneem. Dlamini se onnatuurlike dood sou beteken dat daar ʼn dubbele kontantuitbetaling sou geskied,” vertel Hlathi.

Mthunywa is Dinsdag in hegtenis geneem en staan tereg op moord. Sy het Woensdag in die Barberton-landdroshof verskyn en sal tot 5 Februarie in aanhouding bly. Mthunywa se suster is Woensdag in hegtenis geneem en sal na verwagting Donderdag in die landdroshof verskyn.

Die polisie is op die spoor van die ander drie verdagtes en doen ʼn beroep op enigiemand wat inligting oor dié betrokke persone het, om dit aan die polisie te rapporteer.

Die provinsiale kommissaris van die polisie in Mpumalanga, lt.genl. Mondli Zuma, het Dlamini se moord ten sterkste veroordeel en is dankbaar geregtigheid het geskied. “Dit is ’n skande om te sien hoe die moorde op mense deur hul eie familielede, aangedryf word deur gierigheid en liefde vir geld. Ons samelewing is besig om hul morele waardes te verloor,” het Zuma gesê.

Die polisie het vandeesweek nóg ʼn deurbraak gemaak in die saak van moord op ʼn 41-jarige man wat glo deur sy vrou vermoor is. Die 58-jarige Jabulani Isaac Nkosi se vrou is die naweek in Balfour, Mpumalanga, in hegtenis geneem. Dié vrou (Busi Mitta Nkosi) het Maandag saam met vyf ander verdagtes in die Balfour-landdroshof verskyn op die aanklag van moord.

Jabulani is verlede week Sondag glo deur die verdagtes in sy huis ingewag, waar hulle verskeie skote op hom afgevuur het. Die verdagtes het van die toneel gevlug. Jabulani is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Jabulani was die eienaar van ʼn begrafnisonderneming in Balfour.

Die ander verdagtes, tussen die ouderdomme van 29 en 47, asook ʼn 17-jarige meisie, is verlede week onderskeidelik in Standerton en Balfour in hegtenis geneem. Die saak is tot 3 Februarie uitgestel vir ʼn formele borgtogaansoek.

Zuma het die polisie bedank vir hulle vinnige optrede om die verdagtes vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Misky ·

Die samelewing het verval en dis duiwels!!!!

Liewe Jesus, vergewe tog die mensdom en wees ons genadig in die goddelose land en tye waarin ons leef

Grens ·

Monster storie. Wat de hel het in hulle lewens verkeerd geloop om so iets te kan doen!!

Karin ·

Mense het niks respek vir hul self nie nog minder vir ander. Ons Hemelse Vader laat mense mos uit

Flippi ·

Walglik! Hoe kan jy as vrou toekyk hoe ‘n ander vrou (en dit nog jou ma!) verkrag word??!! En help om haar vas te hou? Dis van om siek te word! :(

katerinadiekat ·

Niks wat die mensdom aanvang kan my meer verbaas of selfs skok nie. If there is one thing exposure to the human race taught me, it is to always expect the worse, the most vile, sick, twisted and depraved. And i am never disappointed.

Rooikoos ·

Dis omdat die land se mense grootliks Goddeloos geraak het, en die satan vryelik rondloop en brul…

Ronel ·

Wat op die aarde is fout met daai mense? Geen resek, simpatie of empatie hoegenaamd nie.

Katjie ·

Hoe doen ‘n kind so iets aan jou eie Ma en dit vir geld!!!!!

Elize ·

God is verraai deur Judas en so word hy daagliks in SA ook verraai. Satan loop rond met sy grynsslag en val die mense voor hom neer. Vader wees ons genadig om nog stywer aan U vas te hou. Ek troos my daaraan dat U nie ons siele sal oorlewer terwyl ons U aanbid en aan U glo nie. Die mensdom is boos en gaan dit erger word – ons gaan ook nog oor ons geloof uitgemoor word. Gelukkig is die groot troos dat hulle my liggaam kan doodmaak maar nie aan my siel kan raak nie want dit behoort aan die Lewende God!

My Mening ·

Sjoe dis wreed verby, veral om dit aan jou eie Ma te doen!!! Het hulle regtig gedink die versekeringsmaatskappy gaan net die geld uitbetaal sonder om enige vrae te vra? Dis bitter hartseer hoe geldgierig mense geword het!

nikkicck ·

Verskriklik ontstellend. Het hulle nie n gewete nie?Arme vrou het dit nie verdien nie. En dit vir geld????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.