Swaar straf vir pa wat kinders vergiftig

Argieffoto: Pixabay

Die pa van Pretoria wat sy kinders vroeër vanjaar gif ingegee het, is tot twee keer lewenslank tronkstraf gevonnis vir moord en poging tot moord. Hy is ʼn bykomende 33 jaar tronkstraf opgelê nadat die hof hom skuldig bevind het aan verkragting en huisbraak.

Die regter het in sy uitspraak gesê die pa het “geen agting vir die wet” nie en is nie ʼn kandidaat vir rehabilitasie is nie. “Ek kan dus geen rede vind om van die maksimum straf af te wyk nie.”

Dit kom nadat die pa, wie se naam nie bekendgemaak is nie, in Augustus vanjaar vir sy drie kinders, onderskeidelik twee, agt en 11 jaar oud, vergiftigde worsies gegee het om te eet.

Hy het selfs die 11-jarige kind aangerand en gedwing om die worsies te eet nadat dié geweier het. Die twee oudste kinders het die voorval oorleef, maar die peuter is dood.

Die pa het aanvanklik onskuldig gepleit, maar is in September skuldig bevind aan moord, poging tot moord en die verkragting van die kinders se ma, met wie hy van 2004 tot 2018 in ʼn verhoudings was. Die hof het bevind dat sy getuienis ongeloofwaardig was, maar dat dié van sy kinders eerlik en opreg was.

Ter strafverswaring het die staatsaanklaer adv. Pieter Coetzer aangevoer die pa is skuldig bevind aan ernstige misdade, waaronder die moord op ʼn kind wat hy veronderstel was om lief te hê en te beskerm. “Hy het ook sy ander twee kinders deur die trauma gesit om teen hom te getuig. Daarom vra die staat vir lewenslange tronkstraf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Naomi ·

Nou moet my belasting geld vir hom sorg lewenslank gee hom worsies om te eet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.