Taakspan slaan toe op verdagtes, wapens ná transitoroof

boeie

(Argieffoto: SA Polisie)

Twee verdagtes is Sondag in die vroeë oggendure in Gauteng in hegtenis geneem toe ’n multidissiplinêre taakspan as deel van ’n gesamentlike intelligensiegedrewe operasie ’n gesoekte verdagte in verband met ’n transitorooftog nagespoor het.

Die betrokke transitorooftog het in Vryheid in KwaZulu-Natal plaasgevind.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê inligting het die span na ’n motorwassery in Johannesburg gelei waar die gesoekte verdagte in hegtenis geneem is.

Danksy verdere inligting het die span die omgewing van Katlehong verken waar ’n tweede verdagte met twee ongelisensieerde AK47-gewere en ammunisie by ’n vulstasie langs die N3 betrap en in hegtenis geneem is.

Nóg inligting het die span daarna na ’n adres in Vosloorus gelei waar ’n AK47-geweer, ’n R5-geweer, ammunisie, koeëlvaste baadjies en ’n toestel wat seine versper, gevind is.

Daar is ook beslag gelê op die twee verdagtes se voertuie.

Die verdagtes, onderskeidelik 37 en 39 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

petro ·

iemand in die SAPS of NDF voorsien van die wapens en ander items

Sarel ·

1. Die Polisie hulle werk gedoen .nou gazn die Hof borg toestaan. Al die werk verniet.

Persheks Adri ·

Nou wonder ek waar kry hulle die wapens wat eintlik weermag en polisie wapens is mmmmmm. Hoop hulle sit en dat borg NIE gegee sal word NIE! Ek hou egter nie asem op nie…

jzjz05 ·

N mens is bly om goeie nuus te kry van oprasies wat deur die polisie en valke gemaak word die positiewe nuus gee n mens moed.

Karlahari ·

Het hulle nie gehoor van vuurwapen amnestie nie?
As dit is waarmee die skelms en terroriste rondloop is dit blykbaar aanvaarbaar vir regering.
Een van die dae gaan GFSA en regering nog ons windbukse ook probeer afvat.

Grassie ·

Uitstekende werk gedoen deur die polisie. Baie geluk en baie dankie.

pompies ·

Skielik word die rampokkers en stelers vasgevatdeur die polisie en valke op stringe. Nou wonder ek is dit omdat daar later die jaar gestem moet word? Ek vra maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.