Taakspan wil veiligheid in Rosslyn-gebied bevorder  

Die Tshwane-metropolisie. (Foto: Facebook / Tshwane-metro)

Die Tshwane-metropolisie het ʼn taakspan op die been bring om misdaad in Roslynn, ʼn nywerheidsvoorstad van Akasia in Pretoria, en die omliggende omgewing te beveg en die veiligheid van ondernemings en inwoners te verseker.

Die taakspan sal as die Rosslyn Improvement District (RID)-taakspan bekendstaan.

“Die taakspan is op die been gebring om uitdagings in dié omgewing te takel,” het superintendent Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, gesê.

“Sestien Tshwane-metropolisiebeamptes is vir motorfiets- en verdedigingsopleiding gestuur om deel van die taakspan te vorm. Hierdie lede word daagliks in die Rosslyn-nywerheidsgebied ontplooi om misdaad te beveg en veiligheid in die gebied te vereker.”

Die taakspan sal Dinsdag om 09:00 amptelik tydens ʼn geleentheid by die RID-kantoor in Rosslyn bekend gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek kan met sekerheid sê dat enige misdaad n afkoop boete van R 200.00 het in Pretoria daarom hoop ek die persone is gekies omrede hulle eerlik en opreg hulle werk doen ,Indien nie sal dit soos in die meerderheid gevalle net ‘n mors van geld wees .

Danie ·

Wonderlike idee oor 3 maande is daar slegs 2 fietse oor en 6 geen dan sit hulle op die stoep by kantoor en verdien n goeie salaris.Werkskepping.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.