Tabakverbod: Hof moet kies tussen ‘eerlike burgers, misdadigers’

Foto ter illustrasie. (Foto: Maroela Media)

Die aktivis en stigter van Tax Justice SA (TJSA), Yusuf Abramjee, het ʼn verklaring in die Kaapstadse hooggeregshof ingedien ter ondersteuning van British American Tobacco South Africa (Batsa) se poging om die regering se vier maande lange verbod op die verkoop van tabakprodukte ter syde te laat stel.

“Vir ons toekoms se onthalwe moet ons hoop dat ons regters ʼn einde maak aan die uiters skadelike en onwerkbare verbod,” het Abramjee, wie se organisasie veldtogte teen onwettige handel en ander misdaad organiseer, gesê.

Die saak word na verwagting Woensdag en Donderdag aangehoor. Volgens Abramjee stel dit die hof voor ʼn keuse tussen die beskerming van die land se eerlike burgers en hul grondwetlike regte, of ʼn regering wat arbitrêre regulasies maak en misdadigers wat skatryk word danksy die florerende onwettige tabakmark.

“Dit is ʼn waterskeidingsoomblik vir Suid-Afrikaners wat sal hoor of ons in ʼn land woon waar eerlikheid en harde werk beloon word en of misdaad werklik betaal; of ons wetmakers aan die Grondwet en gesonde verstand, of aan diktators wat deur dekreet en persoonlike agendas gelei word, moet gehoor gee.”

Abramjee sê dit was duidelik dat rokers aanhou rook het sedert tabakverkope laat in Maart ingevolge die afsonderingsregulasies opgeskort is. Nou koop hulle egter sigarette teen hemelhoë pryse deur ingewikkelde misdaadnetwerke wat tot R100 miljoen per dag verdien.

Volgens Abramjee gaan die saak dus bepaal of misdadigers gaan aanhou ryk word en of byna 300 000 mense wat in die wettige tabakbedryf werk of daarop staatmaak om ʼn inkomste te verdien, gaan oorleef.

“Meer as R4,5 miljard het reeds verlore gegaan, terwyl kinders honger ly. Misdadigers het R13 miljard verdien, terwyl duisende betaamlike burgers hul werk verloor het,” het Abramjee gesê.

“Die verbod was sedert die eerste dag van die afsonderingstydperk gebroke. Dit moenie toegelaat word om ons land ʼn enkele dag langer te breek nie.”

Abramjee voer aan die verbod kos die staat elke dag nagenoeg R35 miljoen in aksynsbelasting en dat dié geld aangewend kon word in die stryd teen die Covid-19-pandemie, of om kwesbare burgers teen die ekonomiese gevolge daarvan te help beskerm.

Batsa voer op sy beurt aan die verbod is irrasioneel en ongrondwetlik.

Die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) betwis ook die verbod. Hy het vroeër in die hooggeregshof sy saak daaroor teen die staat verloor en vra nou die appèlhof vir toestemming om daarteen te appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Porseleintjie ·

Dis mos SA se beleid. Reg is verkeerd en verkeerd is reg. Kom ons boer met die gatkant vorentoe. Daar is ‘n laer status as rommelstatus….SA.
Alles wat stink of papvrot is, is aanvaarbaar en laat die regering se oë blink.

PH ·

Die verbod op produkte waaraan mense verslaaf is, het dieselfde effek as marteling.

Hannes ·

Moet dit nie lees n sekere familie het R13miljard verdien nie?

Fedup ·

We had to go illegal, thanx to the muffin party.
They do not understand the difference between law abiding citizens and numbers.

Kobus ·

Dis oor hulle, dis nou “Our People” se base nie mooi die Ingels verstaan nie. In die begin toe Covid-19 begin het toe hoor hulle verkeerd, die berig het gelees, The Virus comes from Over Seas, tjoeps, daar maak hulle die strande toe. Toe hoor hulle van dat Rookers se longe dalk beskerm word, Tjoeps, NO Smooking. As ons wil rook en drink sal ons seker vir W.H.O moet vra om dit wet te maak voor ons liewe regering sal luister.

Jacobus ·

Met die COvid 19 pandemie kan die Land se Burgers sien wat se KORUPTE IDIOTE die Anc regering is

Rita ·

Jip, ek glo nie ons super korrupte regering is regtig ENIGSINS gebodder of SA burgers eerlik is of nie!!! Alles gaan net oor hulle selfverryking en mag afdwing!!

Jannie van Niekerk ·

Indien die regsbank in hierdie saak ‘n spul ANC ondersteuners is gaan hulle BESLIS die misdadigers se kant kies. Onthou, die regering se COVID doelwit is om die ekonomie te vernietig sodat Kommunisme kan oorneem. Komminisme is wêreldwyd bewys as mislukking en nou is dit ‘n wanhopige poging om Komminisme weer te laat herleef. Veral in Suid Afrika.

Magda ·

Nee wt = OU BREINLOSE KOPDOEK sal dit nooit goed gekeur of laat goed keur nie, want waar gaan hulle dan hulle spending money vandaan kry.

ouma1 ·

Al wat die tabak bedryf en drank bedryf moet doen is dat al die rokers en drinkers en die werkers wat afgele gaan word die regering dagvaar vir kompensasie. Stel n groep klas aksie in teen die regering en kry van die geld wat hul mee bedog pleeg en verduister en hou dan ook vir Ramaphoza en Dlamini Zuma persoonlik verantwoordelik.

Gemaskerde Sopbeen ·

Jammer Sonia, sal nie werk nie. Die Regering gaan bloot die belastingbetaler se belasting aanwend om regskoste en die vergoeding te betaal indien so ‘n eis suksesvol sou wees.
Die kans dat ‘n Hof sal uitspraak lewer vir persoonlike aanspreeklikheid vir CR en NDZ is na my mening maar swak.

Persheks Adri ·

Ons moet gaan plunder klaar soos our people en taxi’s organisasies! Geld word links en regs uit gegee vir gemors waarvoor ons betaal nie die regering nie. Tot wanneer moet ons so leef? Gatvol verby vir hul streke en stories

Jakes ·

Porseleintjie kon dit nie beter stel nie. SA het n land van verdriet en skandes geword.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.