Talle ouers ervaar probleme met aanlyn skoleregistrasie

‘n Skermgreep van ‘n klagte op Twitter oor die aanlynregistrasiestelsel.

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) sê hy het Maandag verskeie klagtes van gefrustreerde ouers gekry wat sukkel om hulle kinders op die aanlyn registrasieplatform by die skool van hul keuse in te skryf.

Voornemende gr.1 – en gr. 8-leerders kon sedert 08:00 vanoggend by Gautengse skole inskryf vir volgende jaar. Volgens die Gautengse departement van onderwys (GDO)het skole in die provinsie plek vir 320 000 leerders. Teen vanoggend is 195 000 aansoeke al ontvang.

Melanie Buys, hoof van ontwikkeling aan die SOS, het gesê van die klagtes wat ontvang is, is dat aansoekers wat binne die voedersone van die skool woon, outomaties op die skool se vierde waglys geplaas is (terwyl hulle eintlik eerste in aanmerking behoort te kom vir ’n plek in die skool), dat sommige ouers glad nie op die stelsel kon inkom nie, of dat die platform nie hulle woonadres opgetel het nie.

Engelse ouers het onder meer gekla dat hulle slegs by Afrikaanse skole kon inskryf, hoewel sommige Engelse skole nader aan hul woonadres geleë is. In sommige gevalle wou die stelsel nie geregistreerde ouers se gebruikersnaam en wagwoord aanvaar nie en verskeie skole het gekla dat hulle glad nie op die GDO se stelsel kon inkom om aansoeke te verifieer nie.

“Lesufi probeer openbare skole kaap en wil volledig beheer uitoefen oor toelatings, terwyl die Gautengse departement van onderwys geensins die kapasiteit of reg het om dit te doen nie,” het Buys gesê.

“Skole moet nou bontstaan om die chaos te probeer uitsorteer. Ten spyte van gevorderde tegnologie tot die GDO se beskikking, was skole se eie aansoekstelsels in die verlede baie meer effektief.”

Die SOS is ook omgekrap oor Lesufi se uitlatings met betrekking tot Afrikaans as onderrigtaal tydens ’n mediakonferensie Sondag.

Lesufi het die SOS en die burgerregtegroep AfriForum gekritiseer omdat hulle gevra het dat die aanlyn registrasieplatform voorsiening maak vir aansoekers se voorkeurtaal van onderrig en leer. Die platform het ouers aanvanklik verplig om die skool die naaste aan hul woonadres aan te dui as die skool van eerste keuse, ongeag die onderrigtaal van die skool of leerder.

Die departement het verlede week aangevoer hy het sy platform aangepas om ouers ’n verskeidenheid opsies van skole naby hul woonadres te bied en het onderneem om onderrigtaal in ag te neem met plasings.

Lesufi het Sondag daarop gesinspeel dat groepe wat hulle beywer vir onderrig in Afrikaans, gekant is teen ’n nie-rassige samelewing en die vooruitgang van swart kinders.

Buys het gesê dit is nie rassisties om jou te beroep op ʼn grondwetlike reg nie.

“Internasionale studies het herhaaldelik bewys dat kinders wat in hul moedertaal onderrig word, ’n groter kans op akademiese sukses het, selfs al sou hulle tersiêre studies in ’n tweede of derde taal aanpak. Vir Lesufi om voor te gee dat Afrikaanse skole irrelevant is omdat meeste universiteite in die land verengels het, is ’n gruwelike mistasting,” het sy gesê.

Die SOS het gesê hy vra nie voorkeurbehandeling vir Afrikaans nie, maar wil sien dat al Suid-Afrika se amptelike tale uitgebou word, sodat moedertaalonderrig in dié tale verseker word. Sy sê sy glo baie van die probleme wat tans in die onderwys ervaar word, daaruit spruit dat kinders nie ten minste die eerste paar jaar van hul skoolloopbaan in hul moedertaal onderrig word nie.

SOS sê hy glo deur hom te beywer vir onderrig in Afrikaans, hy ook die weg baan vir ander taalgroepe om ook op onderrig in húlle moedertaal aan te dring.

AfriForum het óók sy teleurstelling met die aanlyn platform uitgespreek. Die organisasie sê hy het óók talle klagtes ontvang van ouers wat sukkel om die stelsel te gebruik. Talle ouers is nou bekommerd aangesien hulle slegs kon registreer om op waglys vier of vyf geplaas te word.

“Lesufi wys gou vingers na partye wat altyd probleme het met die stelsel en beskuldig hulle dat hul leuenaars is of alewig vir Afrikaans se voortbestaan wil veg. ’n Mens kan ongelukkig ook net wonder oor die suiwerheid van Lesufi se motiewe, aangesien dit lyk of die stelsel nie aangepas is met die nodige deeglikheid soos ooreengekom nie,” het Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, gesê.

“Ons wil ouers aanmoedig om AfriForum asseblief in kennis te stel van enige probleme wat hulle met die aansoekproses ervaar.”

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, het onderneem om kommentaar te lewer. Sy reaksie sal bygewerk word sodra Maroela Media dit ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Andreas ·

Dit is Lesufi se virus wat so met die stelsel se gal werk. En natuurlik sy kaders daar agter die skerms.

Thelsa ·

Lesufi lieg as hy sê die stelsel werk. Dis niks anders as gedwonge integrasie soos wat die VSA in die middel 70’s beleef het nie.

Gert ·

al was die integrasie in die VSA ‘n absolute siek konsep, en al was die resultate katastrofies, is dit steeds ‘n vulletjie vergeleke met wat hier gedoen word, want daar het almal ten minste dieselfde huistaal en grootliks dieselfde kultuur gehad, terwyl ons kinders hier forseer word om in ‘n vreemde taal en kultuur skool te gaan. Die redes is ook baie duidelik: Om die Afrikaanse kinders wat altyd die toppresteerders in matriek is, af te trek na nader aan die res se vlak.
Siek.

Andreas ·

Maar om die stelsel so te manipuleer, vir jare dit sy missie maak, moet Lesufi ‘n oneindige afkeer vir Afrikaans en wit mense hê. Hy gaan erger tekere as Cyril en Julius oor grond.

Massiewe gesukkel ·

Ek het soos Antie Stienie gevoel vanoggend: ‘Ek weet tog nie hoekom ek so moet suffer nie’…27 keer van die stelsel afgegooi. 1,5 uur later (gedeeltelikse?) sukses want wonder-bo-wonder daar verskyn ‘n waglysnommer. Neem ‘n skermskoot vir in geval. Ek wag nogsteeds vir my inkennisstelling via epos en/of sms. Ek weet ook nie hoekom ek so moet suffer nie… (*ek dink ek gaan my 1,5 se werksverlies eis van Lesufi).

Stormjaars ·

Die aanlyn stelsel is lesufi wat ons reg van onderig van ons af weg vat. Dit is net in een provinsie. As ek kon sou ek lesufi dagvaar hiervoor. Hy is die rassis. Hy wil weg doen met Afrikaans. lesufi kan maar vergeet ons sal teen hom en sy soort opstaan vir ons reg.

Helien ·

Lesufi is net jarloos en afgunstig op die Afrikaanse skole omdat hulle so goed doen. Ek kan nie verstaan dat hy weg kom met sy nonsens nie. Los die skole uit dat elke skool vir hom self kan besluit wat hulle wil doen. Hoekom elke jaar die spanning op die ouers sit

Jimmy ·

Lesufi het blykbaar gister gesê Afrikaanssprekende ouers benadeel hul kinders deur aan te dring op onderig in Afrikaans, want na skool is die beste onderig net in Engels. Het hy ‘n punt beet?

Judge Dredd ·

Nee, hy het nie.
Afrikaans sprekendes is nogsteeds van die top presteerders by ENGELSE Universiteite – juis omdat hulle ‘n goeie fondasie van kennnis in hul moedertaal op skool ontvang het.

Stuiwer ·

Verseker nie. Ek het onderrig in Afrikaans ontvang en later jare op universiteit was meeste van my vakke in engels. Dan het mens al begrip van die engelse taal. Kon na swottings my werk in beide tale doen en dus meer vaardig (volgens my).

Felix ·

As ek die skole is, sit ek filters op sekere velde, ek neem dan aan die aansoekers se inligting is op ‘n Excel werksblad, dan filter ek die aansoekers wat buite die poskodes naby die skool val uit.

San ·

Dan was ek seker 1 van die gelukkiges. Was binne 5min klaar en het dadelik my sms gekry.

Stuiwer ·

As ek die kritiek so hoor dan was ek ook seker gelukkig. Paar keer afgeskop maar my skool van keuse was in die voedingsgebied. Darem ook die WA1 nommer gekry en al die dokumente al skool toe gevat. Wat ‘n stresvolle frustrasie.
Gelukkig is die hoërskool so klipgooi van ons af as ons oor paar jaar Gr8 toe gaan. :-)

Hanna Hoekom ·

Dit klink vir my alte veel na n verskuilde agenda… Lesufi probeer die aansoekproses so manipuleer dat Afrikaans kinders gaan sukkel om by n ordentlike skool te kan inskryf. Ek mag verkeerd wees.

Andreas ·

Hierdie man moet van misdaad teen die mensdom aangekla word.

Marius Dobson ·

Ek glo vas dat die hele aanlyn stelsel ontwikkel en bestuur word met slegs die doel om sogenaamde wit afrikaanse skole te verwater in lyn met die verterende haat jeens alles wat wit en afrikaans is.
Ek glo vas ons graad 1 iname vd jaar sal nie die vooreg hê om hulle matriek oor 12 jaar in afrikaans te skryf nie. Ek dink regtig ons gemeenskappe sal moet begin hande vat en prifaat skole stig vir ons kids en hulle kinders

Kallie ·

“Engelse” ouers se voet. Hierdie mense praat nie Engels by die huis nie. Dis hul 10de taal.

Gustav ·

Sit julle kinders in Orania in die koshuis. Dis nou as daar plek is.

L Coetzee ·

Geen probleem gehad nie. Teen 9 uur was ek by skool met vorms en WA nommer.

Suzie ·

Ek sit ook met ‘n WA4 nommer as gevolg van die stelsel wat net nie die keuse”home” wou aanvaar nie. Ons is 0,39km van die learskool af. Nou word my kleinkind ge-penaliseer deur die stelsel.

Anti Lesufi ·

Hierdie aanlystelsel vir aansoeke is ‘n klug; Lesufi WIL he ons kinders moet na swart skole gaan en andersom. Hulle wil tog so graag deel wees van ons, dis waarom hulle tussen ons kom bly, want in wit gebiede is daar vrede en rustigheid. Ons kinders kry behoorlike onderrig en ons onderwysers bly nie vir elke bakatel van die werk af nie, en is verseker nie LUI nie. Ek haal my hoed vir ons onderwysers af. Een ding wat die Afrikane van ons WIT BOERE kan sê is dat ONS hierdie land opgebou het. ons is nie ‘n lui volk nie. KYK net hoe VUIL is ons Land na 25jr! dis ‘n skande. Hulle urineer en spoeg en mors net waar hulle kom. Gooi Kentucky papiere uit taxi’s uit en maak ashope voor hul huise. hulle het geen trots nie. Niks! Ons gaan een van die dae rot, muis en kakkerlak probleme hê. Praat nie eens van virusse en allerhande siektes nie. Maar ja, dis mos alles apartheid se skuld. En ons gaan dit oor nog 500 jaar hoor.

Alida ·

Ek is nou bekommerd oor die WA4 nommer. Ons is loop afstand van die skool af. Wat gebeur nou nadat mens die WA4 nommer gekry het ipv n WA1 nommer? Kan ek nogsteeds die dokumente by die skool gaan afgee?

Ann ·

Vat jou papiere in en vra die skool vir hulp. Ek vermoed die skole weet al hoe om die stelsel te kry om te werk.

Ann ·

Baie dankie aan ons oulike skool wat ons kinders vir ons geregistreer het. Gistermiddag toe ek hom wou registreer toe sê die stelsel vir my hy is klaar geregistreer (pa sit in buiteland so ek kry nie die sms’e nie)
As jy op die stelsel gaan kyk onder “aplications” dan gooi hy jou kind se details uit met sy WA nommer. Probeer ook die kind registreer op “siblings” (as kind ouer boeties of sussies) in die skool het. Gaan vra ook jou voorkeur skool vir hulp met die registrasies.

marous ·

Mense het nie eers kerse nie , wat nog van rekenaars vir aanlyn registrasie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.