Temperature begin styg, damvlakke daal

Gariepdam (Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

Die departement van water en sanitasie se hidrologiese eenheid het Woensdag sy weeklikse syfers oor die status van reservoirs – te midde van stygende temperature in die meeste dele van die land – bekend gemaak.

Die onlangse syfers toon dat die land se damvlakke geleidelik afneem terwyl die somer al hoe nader kom.

Die algehele bergingskapasiteit het die afgelope week op 90,7% gestaan, ʼn effense afname van verlede week se 91,4%.

Alhoewel die gemiddelde nasionale bergingsvlakke steeds gemaklik bo 90% is, en beter is as die 90,1% vir dieselfde tydperk verlede jaar, bly Suid-Afrika ʼn waterskaars land, sê Wisane Mavasa, woordvoerder van die departement van water en sanitasie.

“Daarom is verbruikersgedrag belangrik om watersekerheid sowel as volhoubare en billike watertoevoer te verseker.”

In Gauteng doen Rand Water steeds ʼn beroep op inwoners om hulle waterverbruik te beperk. Dit is te wyte aan die feit dat stygende temperature na hoër verbruikerspatrone lei en dat die vraag na water die aanbod oorskry.

Volgens Mavasa het die meeste van die land se watervoorsieningstelsels ʼn afname in watervlakke getoon, met die uitsondering van Kaapstad en Klipplaat wat op dieselfde vlak as dié van verlede week, op onderskeidelik 102% en 100,1%, staan.

Altesame 12 uit 14 watervoorsieningstelsels se watervlakke het gedaal.

Die geïntegreerde Vaalrivierstelsel (IVRS) het van 93% tot 92,3% verminder.

Krokodil-Oos en -Wes het onderskeidelik van 96,6% tot 94,8% en 97,1% tot 95,7% gedaal.

Algoa-watervoorsiening het van 49% tot 48,9% gedaal, sowel as Amathole van 98,2% tot 97,4%.

Umgeni in KwaZulu-Natal se watervlakke het van 89,1% tot 88,3% gedaal, Polokwane van 98,5% tot 97,9% en Bloemfontein van 95,5% tot 95,3%.

Butterworth se watervlakke is van 95,5% effens af tot op 95,3%, Luvuvhu het van 98,6% tot 98,2% gedaal en Oranje van 94,1% tot 93,4%.

Die algehele provinsiale waterberging toon dat al nege provinsies se watervlakke gedaal het, met die Noord-Kaap wat die grootste daling ondervind. Dit het van 90,4% tot 82,9% gedaal.

Gauteng het van 96,4% tot 95,9% gedaal, die Vrystaat van 94,1% tot 93,3%, Limpopo van 85,3% tot 84,8%, Noordwes van 85,7% tot 84,5% en Mpumalanga van 95,3% tot 94,6%.

Die oorblywende kusprovinsies is ook in die dalende segment: Die Oos-Kaap het van 79,7% tot 78,9% gedaal, die Wes-Kaap het effens gedaal van 92,6% tot 92,4% en KwaZulu-Natal van 87,1% tot 86,6%.

Die Vaaldam, wat deel van die IVRS vorm, het ’n afname van 1,6% getoon (van 84,7% tot 83,4%), Bloemhof – deel van dieselfde stelsel – het van 101% tot 99,9% afgeneem, en die Gariepdam wat deel van die Oranjerivier-watervoorsieningstelsel is, het vandeesweek ʼn afname van 91,2% tot 90,1% aangeteken.

Die Vanderkloofdam se watervlakke het ook – al is dan net-net – van 98,6% tot 98,5% verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anel ·

Maak al die lekke reg dan sal die watervlakke ook stadiger daal. En sorg dat die riviere skoon bly! En sorg dat die riiolvuil ook nie in ons damme beland nie. Moennie die skuld op somer pak of gewone, betalende burgers wat water probeer spaar nie. Kyk na die lit wat alles verniet kry!!!

JohanR ·

Sekerlik kan geen dam 100% jaar deur vol wees nie. Solank damvlakke nie weer tot 14%, daal nie, en jy moet by ‘n vriendin gaan stort…..nee wat se ek nou!

Andrew ·

Dankie. Stating the obvious. My weer klip is nat, so dit reen vandag.

Papsak ·

Kyk na alles julle wil regeer maak pype reg en damme sal nie so vinnig daal nie en hou op water mors

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.