Cilliers, ’n mynbestuurder en boer, is Vrydag op sy hoewe buite Thabazimbi doodgeskiet.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê ʼn verdagte in die saak is Saterdagoggend in Rustenburg opgemerk. Hy het glo van die polisie gevlug voordat hy ʼn ent verder stilgehou en homself in die kop geskiet het, vermoedelik met dieselfde vuurwapen wat tydens die aanval op Cilliers gebruik is.
Arina Cilliers, Bertie se skoonsuster, het aan Maroela Media bevestig die verdagte, Coenie van Wyk (25), is in die hospitaal oorlede. Van Wyk was die broer van een van Cilliers se skoondogters. Volgens Arina het Cilliers vroeër ʼn klag van huisbraak teen Van Wyk aanhangig gemaak na verskeie inbrake in sy huis op die hoewe.
Maroela Media het vroeër berig Cilliers se seun het Vrydagmiddag omstreeks 14:00 op sy pa se liggaam in die kombuis van sy plaashuis op die Spitskop-kleinhoewe afgekom. Cilliers is op die toneel dood verklaar nadat hy verskeie kere geskiet is.
Volgens Ngoepe is Van Wyk reeds Sondagaand oorlede.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
25 Kommentare
Is dit nou ‘n broer van sy skoondogter of sy skoonseun, soos in ‘n vorige berig?
Vreemd hoe die ander nuuskanale nou hierdie EEN insident uitsonder om te ‘bewys’ dat die plaasmoorde nie rassisties is nie. Gaan kyk gerus op News24 wat hulle BEVIND het agv hierdie EEN insident. Dit bly egter tragies as mense hulle lewens verloor oor ‘n geskil of verskil in opinie . wat ookal die oorsaak was, dit is nie een of in die geval twee lewens werd gewees nie.
Dis broer van sy een skoondogter…… En nou kry sy mense hom so jammer sies tog maar niemand het niks gese toe hy Bertie skiet nie…… rerig mense so man moenie eers in samelewing wees nie hoekom is julle nou jammer hy is ook oorlede? Al wat sleg is waarheid sal nou nooit uitkom nie.
Suiwer genade, die reg sou te lank neem. Sterkte aan sy suster wat 2 x seerkry en baie sterkte vir hierdie gesin, dit is nogal n beproewing. Verder Rene maak dit nie regtig saak wie se wat hy is nie, die familie het genoeg hartseer om te verwerk.
Ek stem saam “Genade” mens moet tenmiste die bron wat die inligting versprei kan vertou as die waarheid? waarom dan die inligting deel indien dele waar en ander dele onwaar is?