Thabo Bester kla oor kos, klere in tronk

Thabo Bester (links) saam met sy medebeskuldigde Motenyane Masukela Woensdag in die hof. (Foto: Becker Semela/GroundUp)

Deur Daniel Steyn en Becker Semela, GroundUp

Die voorverhoorkonferensie in Thabo Bester, Nandipha Magudumana en hul sewe medebeskuldigdes se saak sou Woensdag in die Vrystaatse hooggeregshof begin het, maar is tot 5 Junie uitgestel.

Bester dien lewenslange tronkstraf uit vir twee aanklagte van verkragting en een van moord. Hy het in Mei 2022 uit die tronk ontsnap, glo met die hulp van Magudumana en verskeie tronkbeamptes. Altesame 16 aanklagte staar die beskuldigdes in die gesig, waaronder bedrog, korrupsie, hulp aan ʼn gevangene om te ontsnap en lykskending.

Die aanklaer, adv. Amanda Bester (geen verwantskap met Thabo Bester), het Woensdag aan die hof gesê die voorverhoor kan nie begin nie “omdat te veel van die beskuldigdes van regsverteenwoordigers verander het”. Thabo Bester het eers Woensdagoggend met sy nuwe prokureurs vergader.

“Vandag is in werklikheid ʼn mors van tyd,” het adv. Bester aan die hof gesê.

Sy het ook aangevoer dat die verhoor waarskynlik minstens 24 weke sal duur.

Om verdere veranderinge aan regspanne te voorkom, het sy die hof gevra om vas te stel of die beskuldigdes se huidige prokureurs weet dat hulle vir hul tyd betaal gaan word.

Die verdedigingsadvokate het aan die hof gesê dit is te vroeg om hul gelde te bepaal aangesien hulle nie weet hoeveel tyd die verhoor in beslag gaan neem nie. Daar is besluit dat die kwessie oor betaling tydens die volgende verhoor bespreek sal word.

Nandipha Magudumana het die hofsaal met ‘n Louis Vuitton-beursie binnegegaan. (Foto: Becker Semela/GroundUp)

Thabo Bester se regsverteenwoordiger, adv. Mohamed Siedat, het aan die hof gesê dat Bester telefoonoproepe met sy regspan geweier word.

Adv. Bester het daarop geantwoord deur te sê dit is ʼn saak tussen Thabo Bester en die departement van korrektiewe dienste (DKD).

“Soos ek dit verstaan, het hierdie nuwe regspan eers vanoggend instruksies ontvang. Tot watter regspan is hy toegang geweier?” het sy gevra.

Regter Joseph Mahlambi sê as dit waar is dat Thabo Bester toegang tot ʼn regsverteenwoordiger ontsê word, “is dit ʼn ernstige grondwetlike aangeleentheid”. Hy het voorgestel dat Siedat ʼn “substantiewe aansoek” na die hof bring.

Siedat het ook aan die hof gesê Bester was ontevrede met die kos wat hy Dinsdagaand en Woensdagoggend in die aanhoudingselle ontvang het. “Bester is ʼn diabeet en die maaltye het ʼn suikerpiek veroorsaak,” het Siedat aangevoer.

Hy het die hof gevra om ʼn bevel uit te reik dat Bester “bevorderlike” maaltye moet ontvang.

Adv. Bester het egter weer aangevoer dat dit met die DKD opgeneem moet word en dat dit onreëlmatig sal wees vir die hof om ʼn bevel uit te reik.

“Ek weet nie wat diabete eet nie, of dit piesangs of lemoene is; ek het geen benul nie,” het sy gesê.

Regter Mahlambi het saamgestem dat dit met die betrokke owerhede opgeneem moet word.

Thabo Bester het ook gekla dat hy nie toegelaat word om die klere wat hy hof toe wil dra, te kies nie.

Tydens vorige hofverskynings was Bester in duur handelsmerke, waaronder Burberry en Louis Vuitton, geklee. Woensdag het hy in ʼn gewone wit gholfhemp verskyn.

Adv. Bester het gesê Thabo Bester is ʼn veroordeelde gevangene en het dus nie ʼn sê oor sy kleredrag nie. Regter Mahlambi het voorgestel dat die kwessie ook met die DKD opgeneem word.

Thabo Bester, Nandipha Magudumana en Magudumana se voormalige tuinier, Zanda Moyo, bly in aanhouding. Die ander beskuldigdes is vroeër op borgtog vrygelaat.

  • Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp geplaas en word met vergunning gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Mallie ·

Thabo dink hy is n tweede JZ. Hy is in die tronk. Veilige akkommodasie, gratis water, elektrisiteit en kos. Hy was en stryk nie sy eie gratis klere nie. Wat maak hom so spesiaal? Hy is n krimineel.

Casper ·

Dit gaan te lekker.Hy wil kies wat se klere hy wil aantrek.Diabetes het seker die reg tot gesonde eyes,net soos party mense nie vleis eef nie.

Marous ·

Hy is ‘n gevonnisde krimineel. Hy moet in boeie en tronk klere verskyn. Hy het geen spesiale regte nie ! Die betaling van sy prokureuers het niks met die saak uit te waai nie. Hierdie knaap se partytjie dae is verby.

Marthinus Johannes ·

Die nuwe norme vandat JZ daarmee begin het, vertragings taktieke.

Danie ·

Vat hom simpson skuus Bester hierdie saak gaan nog lank wees met baie kinkels.NPA ook betrokke.

Tinus ·

Wanneer die veroordeelde moordenaar en verkragter kla, word daar na hom geluister. Wanneer die slagoffer van misdaad kla, word daar nie geluister nie, of dit vat jare om geregtigheid te laat geskied. Hoeveel gaan hierdie saak die belastingbetaler kos? Dit is mos duidelikl hoe hy ontsnap het.

Kokkies ·

Daai mense het gesmeek dat jy hulle nie moet verkrag nie, maar jy het voort gegaan. Jou meisie het jy vermoor, haar lewe is deur jou gevat. Sy sal nooit die voorreg hê om n ma te wees nie. Nou wil jy kom kla oor kos en klere. Almal speel die siek kaart in die tronk. Hoop jy bly in die tronk sonder enige regte. Eet wat almal eet, laat dit deel van jou straf wees.

Ore ·

Kry die twee spesiale regte / voorregte? Die dame lyk elke keer asof sy ‘n modeparade bywoon en die meneer pronk soos ‘n werfhaan.

domheks ·

Moordenaars en verkragters het GEEN REGTE nie. Vat wat jy kry en wees dankbaar jy het kos!

lollapot ·

Entitlement op sy BESTE! Van wanneer af het n moordenaar soveel regte?

Jacobus ·

Hierdie man is n vroue verkrater en moordenaar, wat n lewenslange vonnis uitdien ,wat verstaan hy nie, dit is n oranje oorpak en tronk kos. Sy arrogansie moet deur DKD in die bek geruk word. Hy behoort in voet en handboeie in die hof te staan want hy is nog n ontsnap risoko ook.

tierwyfie ·

Die twee behoort met oranje pakkies en boeie in die hof te wees.
Die veroordeelde moordenaar het hopeloos teveel regte.

Debbie ·

Hoe kan hy verwag om spesiale voorkeure te kry. Hy het verkrag en gemoor, maar nou ja dit is SA. Hier het kriminele meer se en mag. Ongelooflik

Di ·

Die arrogransie van sekeres in die land is skokkend! Dink hy dis ‘n hotel?? Tipiese gedrag van sekeres in SA, dink die wereld skuld hulle. Hy moet pap eet elke dag soos die res van die gevangenis

Charllas ·

Dis `n tronk, jy is daar om gestraf te word! Dis nie `n 5ster hotel nie! Jy moet swaer kry, jy moet `n haaglike tyd daar binne hê

Sê maar net ·

Is hierdie mense ooit in die tronk? Al die eise wat deur hulle gestel word? Dit lyk asof Nandipha uit ‘n skoonheidssalon gestap het! Jitte!! :-O

Christian Grobler ·

Hy behoort in ṅ doodskis te verskyn in die hof hy en die wat hom gehelp het , het mos almal probeer mislei dat hy dood gebrand het in die tronk. Hy is veronderstel om dood te wees. Eintlik geen kos en water of klere vir hom nie.

Peetjie ·

Wat meer wil mnr Bester hê? Vyfster hotel op sy beste… Hou jou tong agter jou tande en doen en eet wat daar vir jou gesê word om te doen…

efjy ·

Hierdie lewensgevaarlike misdadiger kry te veel media blootstelling.

Gaitsigubib ·

Mens let op hoe sommiges die Groblersdal beskuldigdes verdoem maar nie te veel wil se oor hierdie kriminele nie. Mens wonder waarom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.