Tien vas wat glo diesel steel

Die polisie het vier vol 25 liter dieselhouers in die verdagtes se besit gevind (Foto: Verskaf)

Tien verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle glo honderde liter diesel uit ʼn vragmotor langs die N5 digby Kestell in die Vrystaat gesteel het.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die Harrismith N3-padblokkadespan het inligting ontvang oor ʼn groep gewapende dieseldiewe wat in ʼn swart Audi-sedan ry.

“Verskeie reaksiespanne, Bethlehem-polisie se honde-eenheid en die teenbende-eenheid het die motor op die N5 gewaar en agternagesit. Daar was twee insittendes in die motor,” sê Makhele.

“Dieselhouers en ʼn tuinslang – wat gebruik is om die diesel mee uit te tap – is ook in die motor gevind.”

Volgens Makhele het die twee insittendes die polisie na die Intabazwe- Informele nedersetting naby die N3 gelei waar nog vier verdagtes in hegtenis geneem is.

Tien verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle glo honderde liter diesel gesteel het (Foto: Verskaf)

“Die span het ʼn wit Toyota-bakkie in die nedersetting gevind. Dié was ook glo betrokke by die vervoer van die gesteelde diesel. Die polisie het vier vol 25 liter dieselhouers, drie toringbatterye, drie sonpanele, drie vragmotorwiele en ʼn kragopwekker in die bakkie gevind. Hulle het op al dié toerusting beslag gelê.”

Nóg vier verdagtes is later die dag in die omgewing van Kestell in verband met die diefstal in hegtenis geneem. Dit bring die getal verdagtes wat in hegtenis geneem is op tien te staan.

“Van die verdagtes kan moontlik met twee ernstige misdade verbind word wat na bewering die naweek in Harrismith plaasgevind het,” sê Makhele.

Die tien verdagtes sal na verwagting eersdaags in die landdroshof in Harrismith verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hannelie ·

Na aanleiding van die berig lyk dit of daar voorberei word…..

Ian ·

Hierdie looting spree in kzn was presies dieselfde storie. Daar was groepe wat net tyres gebuit het groepe wat droee rantsoene en tent uitrusting gebuit het. Daai foto spreek n duisend woorde

SjN ·

Georganiseerde misdaad en Hoedeman se mense patroleer strande, swak.

Anoniem ·

Georganiseerde misdaad vier hoogty in ons landjie. Dalk kan dit as ‘n nuwe beroep geklassifiseer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.