Tiener veg om lewe nadat oupa hom glo skiet

Argieffoto (Foto: tung256/Pixabay)

ʼn 15-jarige seun van Marite in Mpumalanga veg om sy lewe nadat hy glo verlede Woensdag deur sy oupa geskiet is.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer se ma was by die werk toe sy omstreeks 07:00 ʼn oproep van haar seun ontvang het dat hy gewond is.

“Sy het dadelik huis toe gejaag en met haar seun hospitaal toe gehaas waar hy tans om sy lewe veg,” sê Mohlala.

Die 87-jarige oupa, Ambros Mlimi, is kort daarna in hegtenis geneem.

Volgens Mohlala is hy tydens sy inhegtenisneming met ʼn pistool en 155 patrone in sy besit gevind.

Dit is onbekend wat tot die skietery aanleiding gegee het.

“Die vuurwapen en ammunisie is vir verdere ondersoek in beslag geneem en Mlimi sal Maandag in die Mkhuhlu-landdroshof verskyn.”

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, die provinsiale kommissaris van die polisie in Mpumalanga, het wreedheid teenoor kinders ten sterkste veroordeel en sê sy glo dat geregtigheid vir die slagoffers sal geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Janice ·

7-uur in die oggend. Hy was dalk oppad by die deur uit. Ons kan nie net aanneem hy was ‘n niksnut nie.

Cherokee ·

As dit gister se Woensdag is, dan was dit ‘n vakansiedag. Miskien net vir die dogters, want dit was Vrouedag.

hpven ·

Selfs bejaardes mag wettige wapens besit! Van hierdie bejaardes was grensvegters, toe het niemand ‘n probleem daarmee gehad.

Vanessa ·

Mens sal maar eers agter die byl van die saak moet kom. Miskien het oupa gedink dis ‘n skelm

efjy ·

Die is onbekend wat die rede vir die skietery was. Wie is die slagoffers. Daar was volgens die berig net twee persone betrokke. Kom ons wag tot dat meer inligting beskikbaar is voordat verkeerde slagoffer geoffer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.