Tiener vermis ná see hom meesleur

Argieffoto

’n 14-jarige seun is steeds vermis nadat hy Maandag deur seestrome by St. Lucia in KwaZulu-Natal meegesleur is.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het die tiener omstreeks 15:22 by die Jabulastrand in St. Lucia in die see geswem toe hy in die moeilikheid beland het.

“Die seestrome het die tiener meegesleur en hy het in die see verdwyn,” bevestig Lambinon.

Lede van die NSRI in St. Lucia is deur die polisie en veldwagters van die iSimangaliso Wetland Park van die voorval in kennis gestel.

“NSRI-reddingswemmers het onmiddellik gereageer en met die Rescue 40 Alpha-reddingsboot die see ingevaar op soek na die tiener. Die polisie en iSimangaliso Wetland Park-veldwagters het ook ’n uitgebreide soektog van stapel gestuur.

“Ondanks die soektog was daar teen Woensdagoggend nog geen teken van die tiener nie.”

Volgens Lambinon duur die soektog voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Casper ·

St.Lucia se golwe is van die mees bedrieglikste sekerlik langs ons kuslyn.Die systrome is baie sterk en die grootste fout wat mense maak hulle raak paniekbevange en baklei tee die strome dan is dit neusie verby.Makliker gesê as gedaan maar bly kalm en hou net jou kop bo water.Die systroom spoel jou weer uit.Die see hou niks wat nie daarin hoort nie.Sterkte aan die familie.

Casper ·

Ek en my seun het tydens laagwater op ‘n sandbank by dieselfde St.Lucia gestaan en hengel toe iemand om hulp skreeu.Die see het ‘n 12 jarige seun meegesleur en hy was so 10 meter van ons af.Gelukkig was die seestroom om die sandbank nie so sterk nie en my seun kon induik en die mannetjie aan sy kraag gryp en met hom sandbank toe swem.’n Gelukkige einde.Hulle is vandag na 15 jaar nog steeds vriende.

Vlooitjie ·

Wonderlik om so nou en dan weer n mooi einde/storie te hoor! Dankie

Annette ·

Dis tragies. Ek hoop hulle vind hom gou. MM, hou ons op hoogte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.