Juliana Pienaar het gesê haar dogter, Cherise (15), is gevind nadat die familie ʼn anonieme wenk ontvang het.
“Die polisie, lede van die gemeenskapspolisiëringforum (GPF) en beamptes van ʼn private veiligheidsmaatskappy is saam na die huis waar die bron gesê het sy is. Hulle is saam die huis in en haar en haar ekskêrel daar gekry. Die kêrel het weggehardloop toe hy al die polisielede sien,” het Juliana gesê.
Cherise het vermis geraak nadat sy en haar ma ʼn rusie langs die pad gehad het en Cherise weggestorm het. Foto’s van Cherise is sedertdien wyd op Facebook versprei met talle mense wat na haar gesoek het.
“Ek is net so dankbaar sy is oukei en sy is nie ontvoer nie. Toe hulle met haar by die huis aankom, was dit só ’n emosionele oomblik. Almal het gehuil,” het Juliana gesê. “Ek sal haar nou by ʼn sielkundige uitkry sodat ons enige probleme kan uitstryk en verhoed dat so iets in die toekoms gebeur. Baie dankie aan elke persoon wat help soek het en haar foto gedeel het. Ek waardeer dit uit my hart uit.”
Juliana het gesê sy is onseker of enige stappe teen die 24-jarige man, wat saam met Cherise was, geneem gaan word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
52 Kommentare
Maar natuurlik moet die man vervolg word. Hy het besef hoe bekommerd haar ouers was en hy het hom afgevee daaraan!!!!
op 15 het ek met my poppe gespeel. Vroeg ryp vroeg vrot. .u
Ek het ook nog op 15 pop gespeel en was ‘n kerel nie eers genoem in die huis nie.
Deesdae speel hulle op 15 met groot mans poppe en die ouers laat dit toe. dis die ergste.
Ek wil net vir Maroela Media dankie se dat hul gereeld hul artikels opvolg.. So baie keer moet mens wonder wat het toe geword van daai en daai. Dankie ek geniet jul artikels die meeste van alle media. Soms net bietjie later as die ander met gebeure.. maar jul is tops. Hou asb so aan.
Sy behoort haarself te skaam om so klein Merrie te wees. Sy moet miskien haar lewe “omdraai”. Minder hartseer veroorsaak.