Tieners vas oor hawelose seun se moord

Argieffoto

Argieffoto

Twee tieners is in Kanana naby Klerksdorp in Noordwes in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn hawelose tiener.

“Die verdagtes, albei 14 jaar oud, is woonagtig in Kanana,” het sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die Noordwes-polisie, gesê.

Die slagoffer, ʼn 15-jarige seun wat slegs as Thabang bekend gestaan het, is tydens ʼn bakleiery oor pap vermoor.

“Een van die verdagtes het glo sagte pap by die slagoffer geëis en hulle het begin baklei. Een van hulle het hom glo met ʼn mes in die nek gesteek,” het Moleko bygevoeg. “Hy het geval, baie erg gebloei en die twee verdagtes het gevlug.”

Een van die tieners het na die nabygeleë Klerksdorp-hospitaal gehardloop om mediese hulp te ontbied. “Die nooddienste het reageer en die slagoffer is dood verklaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Baklei met hom oor sy kos… is dit nie vreeslik nie? Hy is haweloos op 15, wat al erg genoeg is – wie gaan sy verhaal vertel? Waar is sy ouers – of is hy maar net nog ‘n kind wat deur sy ouers weggesmyt is? Maak nie saak wie en wat hy was nie, hy het immers nie gevra om gebore te word nie; op so koue dag soos hierdie is dit vir my erg om te lees hoe siek die mensdom geword het. Hy is deur die mensdom versaak…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.