‘TikTok-dokter’ loop vir eers skotvry

Matthew Lani

Matthew Lani, die jong man wat in hegtenis geneem is nadat hy hom op sosiale media as ʼn mediese dokter voorgedoen het, het nou erken dat hy g’n mediese dokter is nie.

Die strafregtelike saak teen Lani is nietemin Dinsdag teruggetrek sonder dat hy in die beskuldigdebank verskyn het.

Die saak is nooit op die hofrol geplaas nie weens ’n tekort aan bewyse.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê daar is tans geen bewyse in die dossier om Lani aan ’n enige beweerde oortreding te verbind nie. Die staat het dus in die stadium geen prima facie-saak teen Lani nie.

“Jy kan nie aangekla word vir lieg nie … lieg is nie ’n oortreding nie, tensy jy onder eed lieg,” het Mjonondwane verduidelik.

Die jong man, wat Dinsdag op krukke was, is sedertdien uit aanhouding vrygelaat.

Lani se prokureur het ná sy kliënt se vrylating aan verslaggewers gesê Lani se optrede was slegs vir vermaak. “Daar is geen klaer wat sê dat [Lani] met hom as dokter gekonsulteer het nie.”

Lani het ná sy vrylating aan verslaggewers erken dat hy geen dokter is nie. Hy hou ook vol dat hy nog nooit medikasie aan sosialemediagebruikers voorgeskryf nie.

Op ’n vraag of hy sy sosialemediarekeninge gaan behou, het Lani geantwoord: “Miskien, miskien nie.”

Op die vraag oor hoe hy toegang tot mediese fasiliteite verkry het om inhoud te skiet, het Lani bloot geantwoord: “Geen kommentaar.”

Maroela Media het vroeër berig Lani is Sondagaand by die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg vasgetrek en aan die polisie oorhandig nadat hy homself glo vermom en die fasiliteit binnegegaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann ·

Wat? Dis mos onmoontlik? So elke jan rap en sy maat wat dokta en proffessa status LIEG en almal anders wat LIEG…moet net lieg en dan is dit ok? Geen wonder ons moet elke dag ‘n hool oorleef as kriminele kan wegkom met sulke gedrag. KLUG!!!!!!

Kaboesie ·

Dit is hoekom ons land is waar ons is.
Almal in regeringsposte lieg.

Nommer 7 ·

Geen misdaad is gepleeg nie. Dit is grondwetlik om te lieg, solank jou leuen nie ‘n misdaad is nie. Indien jy sou lieg oor jou kwalifikasies om ‘n werk te kry, dan pleeg jy ‘n misdaad,

domheks ·

en wat van die Dokter wat se naam die ding gebruik het? Hy leer baie mooi by ons parlement se mense om te lieg en bedrieg!

Duck ·

Well done! Jy is my hero. Net nog ‘n vermaaklikheids toertjie, grappie.

Karoo ·

Die vent het homself voorgedoen as ‘n Dr. en op sosiale media inkomste versien asgevolg van dit. Nooit gese hy gee net voor nie. Hoe kan iemand hom teenwoordig? Daar is prokereurs en Proke-roowers. Kan nie glo dat iemand die staat se sente sal neem om hom te verdedig nie.

efjy ·

Ek glo dit nie. Wat van betreding, of kan enige persoon nou ‘n dokters baadtjie aantrek, ‘n stetiskoop om sy nek hang en dan in die hospitaal doen wat hy wil.

Karoo ·

Nee wat… ons is in ons kanon, as ons regstelsel nie meer werk nie is dit verby. Dalk moet SARS na sy finansies kyk, dis net hulle wat agter mense aankom.

ES ·

Maar dit is onwettig om jou voor te doen as ‘n dokter wanneer jy nie een is nie. En hy het mediese raad op TikTok gegee – warvoor hy nie gekwalifiseer is nie! Daar is die bewyse dan mos??

Truman Burbank ·

So twee jaar gelede het ek skielik erge maag griep gekry. Niks wat dokter of apteker voorgestel en voorgeskryf het, het gewerk. Party goed het dit selfs erger gemaak. ‘n Kollega gee toe vir my n raat wat eintlik vergesog geklink het. Twee uur een oggend, toe ek voel dek kan nie meer, eers is jy bang jy gaan dood, dan is jy bang jy gaan nie dood, volg ek haar raat uit desperaatheid. Binne minute is al die simptome weg. Glasie coke, chocolate later en ek fuksioneer soos normaal daardie dag. So nooit weer vertrou ek n dokter.

PoppieK ·

Ja hy het nie medikasie gegee nie maar hy het mediese raad gegee – Onder andere, Hy het dan op TikTok raad gegee vir iemand wat Singles het… die video is steeds daar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.