Die polisie is op soek na drie mans nadat ʼn toerbus Donderdagmiddag op die N4 naby Pelindaba buite Pretoria beroof is.
“Drie mans met ʼn wit Audi met die registrasienommer XYK841GP het glo op die bus geskiet om dit te laat aftrek,” het sers. Obakeng Mabaso, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Die verdagtes het die bus betree en alle selfone en handsakke geëis.”
Die verdagtes het toe glo van die toneel gevlug. Niemand is beseer nie.
“Die rooftog het Donderdagmiddag tussen 13:30 en 14:00 plaasgevind,” het sy gesê. “Enigiemand met meer inligting word versoek om met die polisie in verbinding te tree.”
Wat nog wat van die mense wat gebruik maak vd vervoer wat se dit vir ons bly in jou huis want die barbare is oorals
Ek sou daardie Audi ” seergemaak” het met so ‘n groot toerbus !