Trengove oor grond en ‘weerlegbare vermoede van wit bevoorregting’

Adv. Wim Trengove. (Foto: www.ru.ac.za)

Die inbou van ʼn weerlegbare vermoede van wit bevoorregting in tersaaklike wetgewing is een manier om grondhervorming te versnel, meen een van die land se invloedrykste regskenners, adv. Wim Trengove.

Trengove is een van die kenners wat vir ʼn aanvanklike inset gevra is deur die parlementêre ad hoc-komitee wat ʼn grondwetlike wysiging moet ondersoek om onteiening van grond sonder vergoeding te vergemaklik.

Trengove het in sy voorlegging gesê een van die maniere waarop grondhervorming versnel kan word, is dat die weerlegbare regsvermoede in die wet ingebou kan word dat grond in wit besit deur bevoorregting bekom is. Die wit eienaar sal die teendeel dan moet bewys.

Volgens Trengove is dit belangrik om te onthou dat die doelwit van grondhervorming ook is om grond te herverdeel – nie net om grondbesit te herstel nie, want daar is nie net ʼn soeke na regstelling nie, maar ook na groter gelykheid.

Die advokaat het aanbeveel dat die beginsel van regstellende geregtigheid in die proses ingebou word, met die uitwerking van enige verandering op ander grondwetlike regte wat in gedagte gehou moet word.

Daar is volgens hom reeds verskeie geleenthede vir onteiening sonder vergoeding binne die huidige grondwetlike opset.

Eerstens is dit nie noodwendig in die geykte sin van die term onteiening sonder vergoeding as die staat grond onteien vir herverdeling eerder as openbare of staatsgebruik nie, met die beperkings ingevolge art. 36 van die Grondwet wat weliswaar in gedagte gehou moet word. Tweedens bied die huidige grondwetlike opset geleentheid vir wetgewing waarin individuele regte eksplisiet teenoor die regte van die samelewing opgeweeg word.

Derdens is geen regte absoluut nie, nogmaals met verwysing na art. 36 van die Grondwet.

Trengove is ook die mening toegedaan dat die huidige Onteieningswetsontwerp nie ver genoeg gaan om die doelwitte van grondhervorming te behaal nie.

Die grondwaardeerder Peter Meakin se kennersmening het veral gefokus op buitelandse voorbeelde van sogenaamde werksgroepe wat daarop ingestel is om selfversorgende gemeenskappe te vestig, met voedselsekerheid sentraal.

Meakin het voorgestel dat eiendomsbelasting in ʼn mate plaasvervangend tot inkomstebelasting gebruik word.

Die ad hoc-komitee het sy insette grootliks ontoepaslik gevind.

Die kantoor van die grondwaardeerder-generaal se insette het grootliks gefokus op praktiese uitvoerbaarheid. Die kantoor het gevra dat onderskeid getref word tussen die markwaarde en die produksiewaarde van grond. Hulle meen ook as die huidige riglyne korrek en doeltreffend aangewend word, kan vergoeding regverdig en billik geskied, veral vir die aankoop van grond wat onbenut of braak lê.

Die kantoor van die grondwaardeerder-generaal het voorts gevra dat die huidige gebruikswaarde van grond in groter mate as maatstaf vir waarde dien as wat tans die geval is.

Die kantoor het in sy inset vermaan dat die Onteieningswetsontwerp en die Grondwet in pas met mekaar moet bly, dat voorstelle uitvoerbaar moet wees en dat dit eksplisiet verwoord moet wees om verwarring te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Rooikop ·

So nou is jou wit vel waaroor jy geen beheer het nie eweskielik iets wat regtens teen jou gehou kan word. Ek moet nou bewys ek is nie bevoorreg nie. Watse snert. Die libs soos die moet maar sommer die voorbeeld stel en hulle en al hulle familie en kinders se goed uitdeel aan die massas. Moenie met andere se goed en lewens dobbel nie

Poot ·

@Irma
Wat laat jou wonder. Die teendeel is dat die swart beweerde dan ook moet bewys dat die grond syne was. Idiotiese redinasie van Trengove.

Poot ·

@Irma
As dit jou laat wonder dan het jy dieselfde mentaliteit as Trengove

Lusu ·

Verstommend moet NIE ooit Afrikaners se vermoee onderskat nie ons sal slegs wanneer in lewensbelang regtig ons krag wys. Ons kan vergewe maar nooit vergeet en opgee ooit.

B ·

Dit sal die deur oopmaak om dit in nog meer wette in te bring.

Dink mooi wat die genoemde beginsel – ‘Groter gelykheid’ beteken en impliseer – oor die hele spektrum.

Johan ·

Daar bestaan nou al jare nie meer wit bevoorregting nie. Die boere het hulle grond gekoop en dit opgebou tot produktiewe eenhede. Hulle het groot geld daarin belê. Dit sal dwaas en onregverdig wees om so plaas af te vat sonder vergoeding want dan ontneem jy mense se lewensbron.

Karin ·

Die staat sal die grond wat hulle wil hê eenvoudig net vat. Hulle voel vere vir wit boere se ellendes. Die boere sal dan duur hofaksies moet begin om darem iets terug te kry.

Arak ·

Presies, die Vrymesselaar sal nou weer sy twak kom kwyt raak en vir jou besluit wat met jou bates moet gebeur. Ek is seker die Broederbonders sal weer tou staan om met hom saam te stem en te probeer saamwerk. Hoe lank nog voor ons mense begin wakker word en die ware vyande sien vir wie hul is?

Genl. De Wet ·

Die Boere het hul grond regmatig bekom en deur harde werk ekonomies lewensvatbaar gemaak. Die Britte het gekom en bloot gevat. Siende dat adv. Trengove blykbaar van Britse afkoms is, verwerp ek sy voorstel, wat op skreiende veralgemenings gegrond is, met die minagting wat dit verdien.

Anoniem ·

Presies wat sal aanvaarbare bewyse wees dat grond in wit besit nie deur bevoorregting bekom is nie?

? leser ·

die wat my grond wil terugvat moet maar die misbepaaldetyd opskroef, ekt betaal vir dit wat ek het

Poot ·

Wonder dan terselfde tyd hoe het Trengrove sy eiendom bekom. Wit bevoorregting? Dan moet jou stukkie eiendom ook maar geneem word ou perd.

GM ·

Ons moet dan maar ‘gelyk’ gemaak word populasiegewys ook. Hoeveel miljoen beskou hulself as voorheenbenadeeld vs. hoeveel miljoen was bevoordeel?
Gestel 10% van die blanke populasie besit huise en 10% benadeeldes moet huise kry, is dit ‘n regverdige verdeling omdat dit persentasiegewys gelyk is?

Vader, ek moet die familielede gaan soek wat so bevoordeel was in my familie (dalk is daar ‘n geldjie iewers oor) want ons kinders, ouers, en grootouers moes maar onder begin en hard werk vir wat ons bereik het. Niks is geërf nie, daar was nie om te erf nie.

Blameer die ouers omdat hul kind op kind gekry het terwyl hul nie eers vir een kon sorg nie. 25 jaar is lank genoeg om iets van jou lewe te maak as jy graag wil, maak nie saak hoe arm jy is nie.

Andreas ·

Die kundigheid en tegnologie het nie daardie jare by die plaaslike bevolkings bestaan nie, die wit mense het dit van Europa af oor die tyd saamgebring en vandaar die land opgebou. So is wit bevoorregting en die beskawingspeil van oorsee saamgebring. Die swart mense was wel in die proses onderdruk, maar hulle het in die welvaart wat die wit mense hier laat posvat het, gedeel. Kyk maar hoe is die land met die tyd ontwikkel tot waar ons vandag is maar waar afbreek weer aan die orde is.

Erich ·

Dit is net ondenkbaar dat jou plek sonder vergoeding (van markwaarde) afgeneem kan word sonder vergoeding, vir watter rede ookal. As jou huidige wettige titelakte nie voldoende as bewys is, gaan daar van die eienaar verwag word om groot regskostes aan te gaan om dit verder te bewys. Baie sal dit nie kan bekostig…

Andreas ·

Trengove sê wat die komitee graag wil hoor sonder dat hy die volgende feite in ag neem. Wit bevoorregting en kundigheid het hier saam met Jan Van Riebeeck uit Europa aangekom. Die swart mense was reeds afgergeblewe nog voor die wit mense hier geland het en het daarna die vrugte gepluk, al was hulle onderdruk.

Hennie ·

dis ‘n baie goeie voorstel. Ons beweer mos dat ons nie bevoordeel is deur velkleur nie. hier is ons kans om dit te bewys en sodoende die grond te behou.

Roeks Griessel ·

Deen regte is absolute nie en vir die selfde rede is die regte van die wat nie grond het nie ook nie absolute nie. So werk en koop jou eie grond.

Johan ·

Geen Witmens sal kan bewys dat hy nie bevoorreg was nie. Selfs ‘n boemelaar is “skuldig” want al het hy nie blyplek gehad nie, hy kon bv in ‘n a party ry by die Poskantoor staan.
Die Wit boere is dus skuldig nog voordat hulle enige iets kan bewys.
As die Staat grond wil onteien moet hy ‘n billike vergoeding gee want dis die regte en regvetdige ding om te dien.

Roeks Griessel ·

Dan moet mens seker ook maar Wim se grade en kwalifikasies en huis terug vat want hy het dit gekry omdat hy wit is.

Koos de Meyer. ·

Nog ‘n hensopper wat ons uitverkoop . Hoop hulle vat dan maar ook sy grond. Ons het betaal vir ons eiendom daar was niks van bevoorreging of gunsies nie.

Judge Dredd ·

Wys net weereens hoe skeef ons regstelsel besig om te trek.

Lou ·

Die Ad-Hoc komitee was baie slim toe hulle kenners gaan uitsoek het om te help met die grond kwessie. Hulle het al die liberales gaan soek wat hulle saak sal steun.
Die grond kwessie is ‘n “kom gratis uit die tronk” kaart vir Rhamaposa so hy gaan dit ten volle gebruik om sy eie en die ANC se aansien (kan nie dink dat daar nog so iets is nie) te verbeter en die onopgevoede massas se stemme te “koop” met die blankes se grond wat verniet uitgedeel gaan word.

Zorro ·

Die “proses” is oëverblindery. Hulle gaan in elk geval die grond vat. Die proses is om die buiteland ‘n rat voor die oë te draai en die hele spul wettig en regverdig te laat lyk.

Buite Stander ·

Jy’s reg Zorro, vat gaan hulle vat, net soos in Zim.

Johannes ·

Zorro, die staat gaan grond en eiendom probeer vat en so ‘n burgeroorlog begin. Hierdie is nie Zimbabwe nie. Ons Boere gaan nie net terug sit en kyk nie. Gaan vra gerus die Engelse.

Regverdig ·

Ek weet nie van iemand wit wat enigsins ‘n huis of grond verniet gekry het nie. Almal het hard vir hul woonplek gewerk, so HOE kan ons bevoordeel wees. Ons het mos ‘n verband of akte wat wys dat ons die wettige eienaar is. Wat anders het ons nodig om dit te bewys? As daar grond afgevat is, is dit net in sekere dele, maar dis donkie jare terug en almal daarna wat vir die einste stukkie grond betaal het, kan mos nie verantwoordelik gehou word nie. HOE NOU GEMAAK… Gaan almal wat wit is niks besit nie..

Buite Stander ·

Regverdig, dit is die uiteindelike doel. Wittes sal net eiendomloos hier kan bly.

Johan ·

Die Wit boere word soort van aangekla vir diefstal. Maar as aangeklaagdes moet hulle op hulle onkoste die teendeel probeer bewys. Die Reg is mos nie veronderstel om só te werk nie?

Hennie ·

Meer swart mense het gratis behuising ontvang die afgelope 25 jaar as in die totale geskiedenis van SA. 95% van die geld om dit te ver mag het van blanke belasting af gekom.

Rustig ·

Sy voorstel, behalwe as ek dit verkeerd verstaan, maak vir my goed sin. As jy jou plaas/eiendom gekoop het is dit mos nie weens bevoorregting nie en het jy die titelakte as bewys? Maklik! As jy egter iemand uitgebuit het om jou plaas/eiendom te bekom is jy in die moeilikheid, wat ook reg is. In my opinie sal dit meeste van ons beskerm en het ons mis die bewyse? Help my reg as ek die pot mis sit asb.

askies` ·

probleem is as ‘n TITELAKTE Nie ‘n bewys is dat jy jou grond gekoop en afbetaal het nie WAT IS??

Alida ·

Meeste van hierdie ou ooms wat nou n eier kom le is jare agter die tyd. Hy besit seer sekerlik n bosveldplaas of strandhuis. Die siniele ou man moet “be carefull what you wish for”

George in Bloem ·

Hahaha!! Ek kan lekker lag vir ouens sois die. Almal weet dat die grond op die ou einde gevat gaan word Zimbabwe-style en verder weet almal tog diep in hulle binneste wat die uiteinde van die hele ding gaan wees naamlik grootskaalse geweld met gepaardgaande bloedvergieting en chaos op alle vlakke. Dit is,en was nog altyd,die einddoel van die kommunistiese oorname van Suid Afrika.As jy dink die ouens voel ‘n veer vir enige van ons se regte leef jy in ‘n gekkeparadys. Hierdie mense is wie hulle is en niks gaan hulle verander nie,nooit nie.

George in Bloem ·

Hahaha!! Ek kan lekker lag vir ouens sois die. Almal weet dat die grond op die ou einde gevat gaan word Zimbabwe-style en verder weet almal tog diep in hulle binneste wat die uiteinde van die hele ding gaan wees naamlik grootskaalse geweld met gepaardgaande bloedvergieting en chaos op alle vlakke. Dit is,en was nog altyd,die einddoel van die kommunistiese oorname van Suid Afrika.Dis maar net ‘n kwessie van tyd. Kyk net hoe vinnig begin dinge afteruitgaan die laaste 5 of 6 jaar?As jy dink hierdie ouens voel ‘n veer vir enige van ons se regte leef jy in ‘n gekkeparadys. Hierdie mense is wie hulle is en niks gaan hulle verander nie,nooit nie.

Nooitgesien ·

George, bitter min mense dink soos jy. Dinge gaan definitief agteruit, maar Zimbabwe kan en sal nooit met SA vergelyk kan word nie. En daar is baie redes hoekom ek so sê. Zimbabawe is, klein, ‘landlocked’ en afhanklik van SA onder andere.

Leon ·

Nooitgesien, waar het ek daardie een al gehoor? In ‘n nuwe stelsel sal geen wittes grond mag besit nie. Wittes word as indringers beskou en sal as bywoners behandel word. Wittes kan net bid dat hulle nie spesiale toestemming moet kry om in die land te bly nie. Amin het destyds vir Indiërs in Uganda 48 uur gegee word om die land te verlaat.

Jerry ·

Dit gaan vir n geruime tyd nie meer soos sekere organisasies se meningsvormers dink en redeneer oor die waarheid, geregtigheid en oor regverdigheid nie, dit gaan oor wetgewing, wetstoepassing en wetstoepassers wat nie meer onafhanklik van die kommunistiese en sosialistiese ideologiee staan nie. Hierdie drie gevaarligte gaan wanneer dit behoorlik sinchroniseer groot ellende en wanhoop bring, want net soos jy nou reeds nie werk kry nie omdat jy wit is so sal jou grond gevat word omdat jy wit is omrede wetgewing sal se jy was bevoorreg, want as jy swart was sou jy benadeel gewees het en nie grond gehad het nie! Organisasies wat die Afrikaner/witmense verteenwoordig gaan moet ernstig herbesin oor wat hulle en hulle lede werklik te doen staan mbt sinvolle effektiewe weerstand en daarvolgens organiseer, toerus, voorberei en mobiliseer. Die vlak waarop dit tans geskied gaan nie opgewasse wees teen die drie rooiligte scenario! Soos die situasie en organisasies tans daarna uitsien staan enige vorm van passiewe weerstand geen kans nie en indien dit nie aangepas kan word na n drastiese hoer vlak van gereedheid/weerstand, moet organisasies dalk maar alreeds begin aansoek doen vir vlugtelingstatus! Ten spyte van die organisasies en hulle doen en late en hofuitsprake wat so nou en dan gunstig is, is witmense tans nog steeds “sitting ducks”! Om nog steeds “sitting ducks” te wees wanneer die drie rooi ligte sinchroniseer gaan n hartverskeurende affere afgee en niemand, maar niemand behalwe Afrikaners in die buiteland gaan n duit omgee!

Klopjag ·

100% korrek, Jerry.

Ons wou dit nie gehad het nie, maar nou is dit hier.

Daar is nie meer “grondwetlike ruimtes” nie. Die spel het nuwe reëls gekry.

Gert van Wierdapark ·

Adv wit Wim Trengrove het seker sy oog op ‘n joppie in die juridiese staats-hierargie.

jaco ·

wat van die wit advokaat Trengrove se huis/e? moenie dink omdat hy engels is, hy gaan onteiening sonder vergoeding vryspring nie.

klip in die bos ·

Ek hoop net dat Adv. Trengrove die logo van die regsberoep wat deur ‘n skaal voorgestel word, ook uit ‘n ander hoek sal beoordeel. Beoordeel die hele geskiedenis van SA. vanuit ‘n holistiese
sperspektief. Verreken ook die gebeure sedert 1994 onder ‘n demokratiese ANC regering en die toestand waarin SA homself huidiglik bevind as ‘n eindpunt raak, voordat enige aanname en beskuldiging gemaak word.

Om die balans te handhaaf wat deur die regsberoep se logo voorgestel word, kan nie deur populistiese uitspraak gemaak word nie. ‘n Multidissiplinere uitspraak is die enigste wat die skaal ongeforseerd sal laat balanseer.

Andre ·

M.a.w. wit mense is skuldig tot ons onskuldig bewys kan word… Niee eers moordenaars word onder daardie kam geskeur nie…

Blaarman ·

Moenie worrie nie! Daai befaamde wigte en teenwigte gaan enige oomblik inskop!

Hans Richardt ·

Gedagte by my, werk diè voorstanders van onteiening dan nou op % raskwotas vir privaat grondbesit in SA?
Die buitelandse immigrante het alle beskikbare grond in swart townships beset met plakkerskampe. Noudat SA regering en swart kiesers diè besettings toegelaat het, is “weerlose” wit privaatbesit grond nou die teiken, om te voldoen aan 80% raskwota van swart grondbesit in SA? Die % raskwota sal voortdurend groter wees vir swartes, van wie die bevolkingsaanwas baie groter is, as die van % wit bevolkingsaanwas. Persentasies % hoort nie in privaat grondbesit wat op ekonomiese beginsels van vraag en aanbod gebaseer word nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.