Twee tronkbewaarders is dood en ʼn gevangene het oorleef toe hul voertuig Vrydag ʼn vragmotor op die N4 in Groot Marico in Noordwes getref het.
Die departement van gemeenskapsveiligheid het gesê die vragmotor het glo gerem en uitgeswaai in ʼn poging om motors voor hom te tref. Hy het in die proses egter die aankomende voertuie getref.
Die korrektiewedienstevoertuig het van Zeerust in die rigting van Swartruggens gery en die vragmotor het in die teenoorgestelde rigting gery.
Mpho Motlhabane, provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur, het sy simpatie betuig met die familie van die oorledenes.
Manelisi Wolela, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het gesê die departement was geskok om van die afsterwe van die twee beamptes te hore te kom. Die twee beamptes was deel van die noodondersteuningspan.
“Hulle het ʼn oortreder na die hof in Rustenburg vervoer toe die vragmotor hulle reg van voor getref het,” het Wolela gesê. “Die oortreder is in die ongeluk beseer en is in die hospitaal opgeneem.”
@LeonR……Lees die berig mooi. Die vragmotor het gerem om nie motors voor hom te tref nie en uitgeswaai.
Volgens paragraaf twee in die berig het die bestuurder an die vragmotor baie gesukkel voor hy uiteindelik in ‘n ander motor vasgery het.