Tronkstraf vir Valke-oudhoof oor korrupsie

hof-hamer

(Argieffoto)

’n Voormalige bevelvoerder van die Valke is Woensdag in die Durbanse gespesialiseerde handelsmisdaadhof effektief tot agt jaar tronkstraf gevonnis. Hy het tereg gestaan op twee aanklagte van korrupsie.

Simon Mzayifani Madonsela se eenheid van die Valke het die verdwyning van ʼn vrou ondersoek, waarna die saak gesluit is. Madonsela het daarna na die familie van die vermiste vrou gegaan en aangevoer dat sy seniors die dossier wil sluit.

Hy het R40 000 van hulle geëis in ruil daarvoor dat die dossier oop bly.

Die familie kon Madonsela in daardie stadium slegs R25 000 betaal. Hy het later ʼn verdere R3 000 aangevra, wat die familie toe ook betaal het.

Die familie het later gefrustreerd geraak dat die saak nie vorder nie en het ʼn klag teen Madonsela gelê.

“Die saak is suksesvol vervolg deur die senior staatsaanklaer Abbey Letsholo,” het Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in KwaZulu-Natal, gesê.

Madonsela se aansoek om verlof tot appèl is toegestaan en sal Vrydag aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Deon ·

Dis reg jou skelm, gaan doen jou tyd, ek hoop daar is manne saam jou wie jy help toesluit het, dan kan jy sommer weer lekker opvang. Dis sleg dat mense wat so traumatiese ding beleef het omkoop geld moet betaal!!!!

Casper ·

Is die vrou wat verdwyn het opgespoor?Daar is nie pille vir dom mense nie.Gaan die familie hulle geld terug kry?vat van sy pension.

Yvonne ·

Hoe laag kan n mens daal om uit so n tragies gebeurtenis geld uit die slagoffers te pers…..gierigheid het nie rede nie

Hennie J ·

Nou het die skelm nog die vermetelheid om appel aan te teken. Watch mooi hoe wikkel sy pelle hom los!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.