Tshwane-metrobeampte doodgery

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tshwane-metropolisiebeampte is Dinsdag doodgery terwyl hy verkeer gereguleer het in die Pretoriase middestad.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die beampte het verkeer gereguleer by ʼn kruising waar die verkeersligte buite werking was. Volgens Mahamba het ʼn minibus die beampte omgery.

Die metrobeampte is na ʼn hospitaal gehaas waar hy ʼn paar ure later aan sy beserings beswyk het. Volgens Mahamba is die bestuurder van die minibus se verklaring op die toneel afgeneem en word ʼn saak van strafbare manslag ondersoek.

“Ons is geskok oor wat gebeur het want mens sal nie verwag dat hy gaan sterf terwyl hy aan diens is nie,” het Mahamba gesê. Die metropolisie het sy meegevoel betuig met die beampte se familie en kollegas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hendrik ·

Tyd dat iets gedoen moet word met hierdie minibus taxis..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.