Tshwane se werkers kry loonverhoging

Rommel is vandeesweek gedurende betogings in Pretoria in die strate gegooi. (Foto: Thobile Mathonsi/ANA)

Die Stad Tshwane het Vrydag aangekondig dat hy sy werkers vandeesmaand ʼn loonverhoging van 6,25% sal betaal ondanks finansiële probleme wat spruit uit die Covid-19-pandemie wat daartoe gelei het dat miljoene hul inkomste kwyt is en dus nie hul munisipale rekeninge kan betaal nie.

Luidens die verklaring staan die minimum loon van die begin van die maand op R8 329,27 met ʼn toelae van R4 773,12 vir mediese fonds en ʼn huistoelae van R964,51.

“Ons is nooit in ʼn hoek gedruk of gedwing om betalings te maak nie. Dit was altyd ons posisie om die werkers te betaal,” het Mpho Nawa, administrateur van die Stad Tshwane, in die verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig werknemers van die metro het vandeesweek opgeruk nadat die metro glo ’n loonverhoging van 6,25% aan hulle beloof het.

Betogende munisipale werkers het Donderdag in die Pretoriase middestad betoog waartydens vragmotors aan die brand gesteek en rommel in die strate gegooi is.

Die Tshwane-metro het ook vroeër die week sy busdiens opgeskort weens die betogings. Chaos het Dinsdag by Tshwane-huis in die middestad uitgebreek. Munisipale werkers het glasrelings beskadig en rommel gestrooi. Die polisie het later ingegryp en die betogers uiteengejaag.

Die metro het vroeër gesê die betogings het ʼn invloed op dienslewering en basiese dienste soos die herstel van kragonderbrekings, riool, watermeters, pyplekkasies en afvalverwydering word geraak weens die betogings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Termiet ·

LOL Die unies word deur die kommunistiese anc gebruik om die land se laaste asem te laat uitblaas sodat hulle net kan i loop en oorvat.

Jessey ·

Kan nie verstaan hoe die betogings ñ impak kan he op ñ diens wat in elke gev nie bestaan nie. Maar goed vir hulle wat kan ons gaan afbrand sodat ons weer kan begin rook?

Termiet ·

Het jy gesien wat hulle met die oorgrote meerderheid blanke VREEDSAME betogers gedoen het?

Olga ·

Wonderlik! Steek voertuie aan die brand, vernietig eiendom en KRY JOU SIN! Dis wat fout is met ons land! Ek is seker daar is mense wat meer gekwalifiseerd is en baie minder geld verdien wie nou sonder werk sit a.g.v Covid – moet ons ook nou begin goed aan die brand steek? R14000 per maand met ‘n 6% verhoging … dis wonderlik! Die res van ons wat nog werk het, se salarisse word gesny!

Werner ·

Die regering is besig om beheer te verloor oor hierdie land dit gebeur gewoonlik voor revolusie uitbreek

Mieke ·

…. en wanneer die (meesal blankes?) Kaapenaars ‘n vreedsame betoging hou, word hulle summier met waterkanonne en skok granate die strate uitgejaag!! Hoe werk dit?

Peetjie ·

Goed, hou aan afbrand, verniel en verwoes dan kry jy jou sin. Mense wat vreedsaam betoog word met waterkanonne uitmekaar gejaag en daar word nie na hulle geluister nie ..eish

Kokerboom ·

Mnr Nawa voel ‘n absolute veer waar geld vandaan kom. Verhogings in die tyd is absurd. So ook vergoeding aan mense met lae produktiwiteit. Belastingbetalers van Pretoria jul SAL moet aksie neem. Staan saam en tree op en hou op om so passief te wees

SJM ·

Die eerste keer in jare wat die asblikke nie hier by ons leeggemaak is nie. Kan sien wie nou weer in “beheer” is….

capie ·

““Ons is nooit in ʼn hoek gedruk of gedwing om betalings te maak nie.” Vergeet die ou om by te sê “Ons het dit gedoen voor hulle dit kon regkry”

Anel ·

En wat se mediesefonds het hulle wat so duur is? Wens ons kon daardie een bekostig. En dan brand hulle die dirp af. Wie gaan betaal? Ons pensioenverhoging was maar die helfde so waar lê regverdigheid?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.