Tshwane-stadsraad sê oor ‘aanstootlike boodskappe’

(Foto: Zakysant via Wikimedia Commons)

ʼn Voorlopige ondersoek het die skuldige persoon geïdentifiseer wat aanstootlike boodskappe gestuur het aan persone wat agterstallig was met betaling aan die Pretoria-munisipaliteit.

Selby Bokaba, woordvoerder van die munisipaliteit, sê die sender van die gemene boodskappe, waarin kliënte onder andere gedreig is, het dit voorgehou as amptelike korrespondensie van die stadsraad.

“Stad Tshwane het verlede Vrydag ʼn verskoning uitgereik vir die inhoud van die boodskappe, selfs al is daar bevestig dat dit hoegenaamd nie van enige van die amptelike kommunikasiekanale versend is nie,” sê Bokaba. “Die stad het om verskoning gevra uit respek vir sy gewaardeerde kliënte.”

Die verdagte is geïdentifiseer as ʼn werknemer van een van die stadsraad se diensverskaffers wat skuldinvordering doen. “Die diensverskaffer het intussen die persoon voorlopig geskors hangende verdere ondersoek. Die maatskappy het ook onderneem om ʼn interne forensiese ondersoek te doen en die uitslag sal met die stadsraad gedeel word.”

Bokaba sê die munisipaliteit wil graag sy kliënte, lede van die publiek en alle ander belanghebbendes gerus stel dat sy kuberkontrolestelsels nie hierdeur geraak is nie. “Alle vertroulike inligting bly veilig. Ons vra weer om verskoning vir die inhoud van die betrokke boodskappe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Grassie ·

Ek sal ook graag wil hoor wat die boodskappe is. Mense wat nie hul munisipale rekenings betaal nie is deels verantwoordelik vir ons kragprobleme en verdien ‘n bek vol verwyte, solank dit nie vieslik is nie.

Lourens ·

“Betaal jou rekening” is skynbaar deesdae aanstootlik.

Adri ·

Dit is net aanstootlik vir diegene wat van mening is dat hulle geregtig is op gratis krag.

Christo ·

Dis ook aanstootlik om `n foutiewe R1 miljoen rand rekening te kry en die stadsraad sny jou krag agv hulle eie onbevoegdheid.

Christo ·

Ses jaar later en daar is nog geen regstelling nie. Krag word aanhoudend gesny, hulle fout word uitgewys en hulle sit die krag weer aan. Weekliks kom hulle terug om te sny en die bose kringloop weer van voor af.

Nie Verbaas ·

Ja, mens betaal en wat kry jy terug vir die dienste waarvoor jy betaal? Beurtkrag, slaggate, versperrings wat opgesit word en werk na maande nog nie begin nie, straatligte wat nie werk nie, water lekkasies wat nie reg gemaak word nie, swak instandhouding van parke, ens. So waarvoor betaal ons? Sodat unies stakings kan reel vir hoër salarisse wat nie markverwant is nie?

Delia ·

Gaan google Tswane message on debt collection. Engelse koerante berig baie wyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.