‘Tsotsi’-ster se luukse ‘loteryhuis’ opgeveil

Die bekroonde aktrise Terry Pheto. (Foto: Instagram)

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) laat Donderdagoggend die aktrise Terry Pheto se luukse huis in Bryanston in Johannesburg opveil omdat dit gekoop is met loterygeld wat veronderstel was om deur liefdadigheidsorganisasies gebruik te word.

Die SOE het bevind die geld wat gebruik is vir die aankoop van die grond – en die latere bou van die spoggerige huis – is afkomstig van organisasies sonder winsbejag wat dit op hulle beurt by die Nasionale Loteryraad ontvang het.

Die geld was veronderstel om gebruik te word vir ʼn openbare veldtog oor tradisionele besnydenis.

Pheto, wat ʼn hoofrol in die Oscar-bekroonde fliek Tsotsi gespeel het, het verlede jaar ontken dat sy enigsins betrokke is by die beweerde bedrogspul by die Nasionale Loteryraad, het City Press vroeër berig. Luidens die berig word twee prokureurs, ʼn rekenmeester, die groephoof van ʼn hotel en ʼn voormalige kommissaris van die NLR ook by die skema betrek.

Dit het glo behels dat hulle eiendomme gekoop het met geld wat hulle na bewering op bedrieglike wyse by die NLR gekry het.

(Foto: Asset Auctions)

Die eenheid het vroeër in die hooggeregshof ʼn bewaringsbevel teen Pheto bekom. Haar regspan het daarna aan die SOE en die batebeslagleggingseenheid gesê dat sy dit nie gaan betwis nie.

Die drieslaapkamerhuis in Devonshirelaan word nou van die hand gesit.

Dit spog onder meer met ʼn daktuin en onthaal-area, oopplan-eetkamer, gesinskamer, ʼn dubbelmotorhuis en blyplek vir personeel.

Die openingsbod is R3 miljoen en volgens die afslaer sal die eiendom na verwagting tussen R4 miljoen en R6 miljoen behaal.

(Foto: Asset Auctions)

Die SOE sê die opveil van die huis is ʼn voortsetting van pogings om bates en geld te herwin wat staatsinstellings deur beweerde korrupsie kwyt is, asook om toekomstige verliese te verhoed. Pres. Cyril Ramaphosa het in 2020 ʼn proklamasie uitgevaardig wat die SOE bemagtig om enige bewerings van korrupsie en wanbestuur in die sake van die NLR en die gedrag van die raad se amptenare, te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

jou gewete ·

natuurlik, land is verrot van heel bo tot heel onder, ook in sg kerke

Kokerboom ·

Sluit haar toe! Sy wou seker ook maar net “eet” ala korupte minister

domheks ·

Eers ontken, goed geleer by zupta! Nou op straat. Maar wat van die tyd wat sy gratis verblyf gehad het. Ek sal dat sy huur gelde ook betaal!

Danie ·

Het hulle ook haar poeier kwassies en spieel ook opgeveil dan sal sy voel.Ek weet nie watter emosie om te voel bly of kwaad.Wat het met die strafsaak geword.???

Althes ·

So word jul almal uit jul korrupte geldgierige onheilige neste gejaag.

Gerhard ·

Sy gaan seker nou as ons Minister van Elektrisiteit aangestel word, aangesien sy mos nou kwalifiseer. Het bewys, sy kan korrupsie/bedrog pleeg

Mariana ·

Maw sy is deel van die diefstal. Sies, asof sy nie genoeg gekry het vir die film nie. En altyd so onskuldig. Onwettighede en korrupsie kom tog altyd op die lappe, maak nie saak hoe lank dit neem nie.

My siening ·

Ja ons is n kriminele staat en om dit uit te roei is die ANC regering die main kriminele en die kaders is in alle jobs ook aktreurs kaders is skelm!

jou gewete ·

nee hulle weet nie eens wat dit beteken en gee ook nie om nie

JohanR ·

Soe sy sal nie tronk toe gaan nie want het blykbaar nie geweet sy mag nie Lotto geld gebruik om vir haar ‘n huis te bou. Sy het geweet presies wat sy doen!

Hasie ·

Net nog een wat wou vlieg en toe agterkom die vlerkies is nog nie sterk genoeg nie …jy moet eers matriek met 30,% slaag en dan parlement stoel kan vol sit ,minister word en dan kan jy korupsie met toestemming pleeg . Sy het paar stappe gespring ….

Amelia ·

Vat alles wat sy het en veil dit op Har pensioen geld moet ook gevat word en terug betaal word sy moet met niks sit nie en voel hoe voel mense wat arm is niee wat haar “straf” is niks Glo daar gereeld onthaal so waar is daardie geld nee wat verkoop als van haar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.