Klasse by alle kampusse van die Tshwane Universiteit van Tegnologie sal Maandag hervat ná betogings die bestuur genoop het om bedrywighede op te skort.
“ʼn Formele ooreenkoms sal na verwagting volgende week tussen die bestuur van TUT en die Verteenwoordigende Studenteraad onderteken word,” het Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, gesê. “Die universiteit betreur die onlangse sluiting van sy kampusse weens die betogings vir gratis universiteitsopleiding.”
Betogings het by die TUT se kampus in Soshanguve begin en later ook na die kampusse in Ga-Rankuwa, Witbank en Pretoria uitgebrei.
Die betogings hou hoofsaaklik verband met studentefinansiering. De Ruyter het gesê bestuur en die VSR sal steeds vergaderings hou om studente se besware aan te spreek, maar studente moet intussen klasse bywoon.
Slegs geregistreerde studente sal van Maandag af op TUT-kampusse toegelaat word. “Studente moet dus seker maak hulle het te alle tye hul studentekaarte of bewys van registrasie en identiteitsdokumente by hulle,” het De Ruyter bygevoeg. “Studente wat nog moet registreer moet hul toelatingsbriewe en identiteitsdokumente by die hek toon.”
Die sperdatum vir registrasie is tot 3 Maart verleng.
Lees alle vorige berigte oor TUT op Maroela Media.
Die stomme Afrikane het vir die eerste keer sedert Apartheid ook nou voluit die geleentheid onder hul eie regering om geleerdheid aan ‘n tersiëre inrigting te bekom maar ongelukkig is dit steeds nie goed genoeg nie – daar moet steeds betoog en gemurmereer word omdat dit steeds sogenaamd nie hul smaak pas nie. Nee, hulle wil nie studeer nie – slegs maar net die diploma of graadsertifikaat ontvang waarom staan: Hiermee het “so-en-so” ‘n BComm, BA, of BSc- graad verwerf.