Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu (83) is Dinsdag in ʼn Kaapse hospitaal opgeneem vir die behandeling van ʼn voortdurende infeksie.
Ds. Mpho Tutu, die emeritus-aartsbiskop se dogter, het in ʼn verklaring wat deur die Desmond & Leah Tutu Legacy-stigting uitgereik is, gesê die familie hoop haar pa sal binne ʼn dag of twee weer tuis wees.
Tutu was twee weke gelede gesond toe hy en sy vrou hul 60ste huweliksherdenking gevier het deur hul huweliksbeloftes in die Anglikaanse kerk in Soweto te hernu. Die egpaar het hul hernude beloftes met ʼn soen vir die kameras afgesluit. Die egpaar het vier kinders en sewe kleinkinders.
Sterkte en beterskap aan die emeritus biskop