Twee aangekeer ná plaasaanval in Oos-Kaap

plaashek-pexels

(Argieffoto: Pexels)

Twee verdagtes is aangekeer nadat hulle glo ʼn bejaarde boer op 27 April in sy huis op ʼn plaas naby Maclear in die Oos-Kaap aangeval en gemartel het.

Maroela Media het vroeër berig dat die booswigte boonop vir hulself kosgemaak en geëet het, voordat hulle met die 75-jarige man se se Mahindra-bakkie van die toneel gevlug het.

Die man het ook brandwonde aan sy bolyf gehad.

Die slagoffer is intussen op sosiale media as Francis Davidson geïdentifiseer. Davidson se seun het sy beseerde pa aangtref toe hy die volgende dag na sy huis is om te kyk of alles in orde is.

Kapt. Ursulla Roelofse, polisiewoordvoerder, sê die polisie het die verdagtes, onderskeidelik 23 en 34 jaar oud, by ʼn huis in die Mdeni-nedersetting, sowat 10 km van die plaas op die R56 na Mount Fletcher, vasgekeer.

ʼn Gesteelde televisiestel, ʼn kragopwekker, klere, ʼn skootrekenaar en ander huishoudelike items is in hul besit gevind.

Davidson se uitgebrande Mahindra-bakkie is vroeër reeds verlate in Tsitsana in die Katkop-omgewing opgespoor.

Die verdagtes sal Dinsdag hul eerste verskyning in die Maclear-landdroshof maak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Peter ·

Dis so hartseer en verkeerd om dit aan te hoor….dit kon hul eie Oupa gewees het wat hul so wrerd aanrand….ai die mense darem wreed in die land

ES ·

Peter, die ergste is dat hulle nie eers omgee vir hul eie mense of familie nie – want as jy dit aan ‘n vreemdeling kan doen, kan jy dit aan familie ook doen.

Chris ·

Sluit maar die regering daarby in. Hulle voel nog minder vir hul eie mense. As hul enige empatie gehad het vir hul medemense, sou daar nie plaasmoorde of armoede in SA wees nie. Die een hand was die ander ene.

Yvonne ·

Hoekom eers martel….watter verweer het n bejaarde…..die wreedheid oortref hulle IK by verre….dit is so tragies

ES ·

Baie hartseer – dis altyd die mees weerlose ou mense wat geteiken word.

Danie ·

Goed en wel as dit die twee is kon die goedere opgetel het.Dis hoe die polisie hulle sukses syfer opstoot om vals arrestasies uit te voer en ons moet die siviele eise betaal.Die GROOT vraag is hoe gaan die vervalle onbetroubare polisie plaasmoorde bekamp.?????

Papsak ·

Dit is wreed hoekom hulle is nie mense nie maar diere geen gevorl vir niks of niemand

minnie muis ·

daar is derde mag wat agter dit seker is …… daar is mos leiers wat hul mense aanmoedig ?

Marcello ·

Hulle is lafaards en erger as diere, want die eers diere maak ander diere sommer net dood nie. Hulle val moedswillig ou mensies aan, want hulle het geen verweer nie…. Elke keer wat ek so ‘n berig lees/hoor styg my bloeddruk sommer.

Janine ·

Myne styg wanneer volwassenes na bejaardes as ‘ou mensies’ verwys….Dit is ‘BEJAARDES’, nie verdomde ‘mensies’ nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.